YouVersion Logo
Search Icon

HEBREËRS 5

5
1’n Hoofpriester is iemand wat uit die mense geneem en vir die mense aangewys word om priesterdiens voor God te verrig. Hy lê dié mense se gawes voor God en bring ook offers vir hulle sondes. 2Hy kan empatie hê met die onkundiges en dwalendes omdat hy self aan swakheid onderhewig is. 3Hy is daarom verplig om nie net vir die volk nie, maar ook vir sy eie sondes offers te bring. 4En niemand kan ’n hoofpriester word bloot omdat hy graag daardie ereposisie wil hê nie. Hy moet deur God daartoe geroep word – net soos in die geval van Aäron.
5Net so het Christus ook nie vir Homself die waardigheid van hoofpriester toegeëien nie. Nee, Hy is aangewys deur die Een wat vir Hom gesê het:
“Jy is my Seun.
Vandag het Ek
jou Vader geword.”#5:5 Ps 2:7.
6En op ’n ander plek het God vir Hom gesê:
“Jy is priester vir ewig
volgens die priesterorde
van Melgisedek.”#5:6 Ps 110:4.
7Terwyl Jesus hier op aarde was, het Hy hard uitgeroep en met trane by God gesmeek en gepleit, want God sou Hom van die dood kon red. God het Hom verhoor deurdat Hy die angs vir die dood van Hom weggeneem het. 8Selfs al was Hy die Seun, het Hy gehoorsaamheid geleer deur wat Hy gely het. 9Op hierdie manier het Hy volmaaktheid bereik sodat Hy vir almal wat aan Hom gehoorsaam is, die bron van ewige verlossing geword het.
10So het God Hom dan amptelik verklaar as Hoofpriester volgens die priesterorde van Melgisedek.
Julle moet geestelik volwasse word en volhard
11Aangaande Jesus ons Hoofpriester het ons nog baie om vir julle te sê. Dis egter moeilik om dit aan julle te verduidelik omdat julle so traag is om te leer. 12As ’n mens dink aan hoe lank julle reeds gelowiges is, moes julle eintlik al self onderrig in die geloof gegee het. En nou het ’n mens werklikwaar weer nodig om julle die mees elementêre aspekte van die woord van God te leer!
Julle is soos babatjies wat nog net melk kan drink en nie vaste kos kan inneem nie. 13Mense wat nog van melk leef, kan nie werklik saampraat oor die suiwer leer nie. Hulle is dan nog maar net kinders. 14Vaste kos is bedoel vir grootmense – vir hulle wat in die skool van die lewe ingeoefen is om tussen goed en kwaad te onderskei.

Currently Selected:

HEBREËRS 5: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy