YouVersion Logo
Search Icon

ESEGIËL 42

42
Kamers vir die priesters
1Hierna het die man my uitgebring na die tempel se voorhof aan die noordekant. Ons het die buitenste hof ingegaan en by ’n groep kamers teen die noordelike muur van die binneste hof gekom. 2Die lengte van die gebou met sy ingang aan die noordekant was 50 meter en die breedte 25 meter#42:2 Grondteks 100 el lank en 50 el wyd. In hierdie hoofstuk word afstande bereken aan die hand van die Hebreeuse lang el, wat 53 sentimeter lank is.. 3Die gebou het gegrens aan die tien meter wye strook teen die binneste voorhof en aan die deel van die tempelplein teen die buitenste voorhof. Die gebou was terrasvormig met drie vlakke, die een bokant die ander. 4Voor elke ry kamers was ’n loopgang van vyf meter breed en 50 meter lank. Die ingange van die loopgange het almal noord gekyk. 5Die kamers bo was kleiner as dié onder, want die boonste vlakke het meer plek nodig gehad vir loopruimtes voor hulle. 6Die kamers was in drie vlakke en het nie pilare gehad soos die voorhowe nie. Daarom was die boonstes kleiner as dié onder en in die middel. 7Daar was ’n muur voor die kamergebou al langs die buitenste voorhof, wat 25 meter lank was. 8Die lengte van die kamergebou teen die buitenste voorhof was 25 meter, maar aan die tempel se kant was dit 50 meter. 9Die ingang uit die buitenste voorhof na die onderste kamers toe was aan die oostekant.
10Daar was ook kamers teen die muur van die buitenste voorhof, aan die suidekant#42:10 Grondteks oostekant. Griekse weergawe suidekant, wat meer sin maak. teen die tempelplein. Daar was kamers net soos aan die noordekant teen die muur. 11En daar was ’n gang voor hulle net soos voor die kamers aan die noordekant. Die kamers was net so lank en so breed soos dié aan die noordekant. Hulle afmetings was ook dieselfde. 12Daar was ’n ingang aan die punt van die gang, die gang langs die keermuur, en nog een aan die oostekant vir dié wat daar wou ingaan.
13Die man het vir my gesê: “Hierdie kamers wat oor die tempel uitkyk aan die noordekant en suidekant is heilig. Die priesters wat aan die Here offers bring, eet hier die heiligste offers. En hier bewaar hulle die graanoffer, die sonde-offer en die skuldoffer. Hierdie kamers is heilig. 14Wanneer die priesters die heilige terrein verlaat, mag hulle nie direk na die buitenste voorhof toe gaan nie. Hulle moet eers die klere uittrek waarin hulle diens gedoen het, want die klere is ook heilig. Hulle moet ander klere aantrek voordat hulle na die dele van die gebou gaan wat vir die publiek oop is.”
15Nadat die man die tempelgebied klaar aan die binnekant afgemeet het, het hy my by die oostelike poort uitgeneem om die totale tempelarea te meet. 16Eers het hy die oostekant gemeet met sy meetstok. Die muur hier was 250 meter lank. 17Toe meet hy die noordekant, ook 250 meter lank, 18en die suidekant, wat dieselfde lengte was. 19Daarna het hy omgegaan na die westekant toe en daar gemeet, ook 250 meter. 20Hy het die muur rondom gemeet aan al vier kante. Die lengte was 250 meter en die breedte 250 meter. Die muur het die heilige plek van die alledaagse afgeskei.

Currently Selected:

ESEGIËL 42: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy