YouVersion Logo
Search Icon

ESEGIËL 24

24
Die teken van die kokende pot
1Op 15 Januarie#24:1a Grondteks Op die tiende dag van die tiende maand, van die Hebreeuse kalender. Dit het gebeur op 15 Januarie 588 vC., in die negende jaar van koning Jojagin se ballingskap#24:1b Grondteks gedurende die negende jaar. Dit verwys na die jare wat koning Jojagin van Juda in Babilon in ballingskap was., het die Here vir my gesê: 2“Mensekind, skryf vandag se datum op, want vandag het die koning van Babilon met sy aanval op Jerusalem begin. 3Gee dan ’n gelykenis vir hierdie opstandelinge. Gaan sê vir hulle wat die oppermagtige Here sê:
“Sit ’n pot water
op die vuur
om te kook.
4Maak dit vol
met die beste vleis,
die boud en blad
en die beste van die bene.
5Gebruik net die beste skaap
uit jou kudde
en pak hout
op die vuur
onder die pot.
Laat die pot kook,
kook die bene
saam met die vleis.
6“Die oppermagtige Here sê:
Rampe wag verseker
vir Jerusalem,
die stad vol moordenaars!
Sy is ’n pot vol korrupsie.
Vat dan die vleis stuk vir stuk,
sonder om uit te soek.
7Haar boosheid
is vir almal duidelik.
Sy maak sommer net dood
en los die bloed op die rotse
sodat almal dit kan sien.
Sy probeer dit nie eens
toesmeer nie.
8Daarom sal Ek haar bloed
op die rotse laat spat
om te wys
hoe kwaad Ek vir haar is.
Niemand sal dit probeer
toesmeer nie.
9“Die oppermagtige Here sê:
Rampe wag verseker
vir Jerusalem,
die stad vol moordenaars!
Ek sal self hout
op die vuur
onder haar pak.
10Ja, pak die vuur aan!
Laat die vuur dreun
tot die water kook.
Kook die vleis goed,
met baie speserye.
Verbrand dan die bene.
11Sit die leë pot
op die kole
en maak dit rooiwarm
sodat die vuilheid en roes
kan afbrand.
12Maar dis hopeloos!
Die roes wil nie
van die pot afbrand nie.
Daarom, gooi dit in die vuur!
13“Die vuilheid is jou afskuwelike dade. Ek het jou probeer skoonmaak, maar jy het geweier. Daarom sal jy vuil bly tot my wraak teen jou afgekoel is. 14Ek, die Here, het so gesê! Die tyd het gekom en niks kan dit terughou nie. Ek verander nie van gedagte nie. Ek sal jou nie weer jammer kry nie. Jy sal geoordeel word op grond van jou afskuwelike dade, sê die oppermagtige Here.”
Die dood van Esegiël se vrou
15Toe het die Here vir my gesê: 16“Mensekind, Ek gaan jou vrou, jou kosbaarste skat, van jou wegneem. Sy sal skielik doodgaan. Maar jy mag op geen manier wys dat jy hartseer is nie. Moenie huil nie. Jy mag nie ’n traan stort nie. 17Jy mag sug, maar net saggies by jouself. Jy mag ook nie by haar graf huil nie. Moenie doen wat mense doen en eet wat hulle eet as hulle oor die dood van ’n geliefde rou nie.”
18Ek het dit die volgende môre vir die mense gesê. Daardie aand het my vrou gesterf. Die volgende oggend het ek alles gedoen wat ek beveel is. 19Die mense het my gevra: “Wat beteken dit alles? Wat probeer jy vir ons sê?”
20Ek het toe gesê: “Die Here het vir my gesê 21dat ek dié boodskap vir die mense van Israel moet gee. Dit is wat die oppermagtige Here sê: Ek gaan julle tempel, julle trots, julle vreugde en die blydskap van julle harte, ontheilig. Julle seuns en dogters wat in Judea oorbly, sal in die oorlog omkom. 22Daardie dag sal julle soos Esegiël maak. Julle sal nie in die openbaar huil nie en julleself nie troos deur die kos te eet wat julle vriende bring nie. 23Julle sal nie rouklere aantrek nie. En julle sal nie huil en treur nie. Nee, julle sal vergaan onder die straf vir julle sondes. Julle sal stilweg huil oor die bose dinge wat julle aangevang het. 24Ja, Esegiël is die voorbeeld wat julle moet volg. Julle sal doen wat hy gedoen het. Wanneer dit gebeur, sal julle erken dat Ek die oppermagtige Here is.”
25Die Here sê toe ook nog vir my: “Mensekind, die dag as Ek hulle vesting wegvat, hulle vreugde en glorie, hulle harte se begeerte en hulle kosbaarste besitting, sal Ek ook hulle seuns en dogters wegvat. 26Op daardie dag sal iemand wat uit Jerusalem gevlug het, die nuus vir jou bring. 27En as hy hier aankom, sal jy jou stem skielik terugkry sodat jy met hom sal kan praat. Jy sal ’n teken vir hierdie mense wees. Dan sal hulle besef dat Ek die Here is.”

Currently Selected:

ESEGIËL 24: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy