YouVersion Logo
Search Icon

EKSODUS 37

37
Die ark
1Besaleël het toe die ark van akasiahout gemaak. Dit was een en ’n kwart meter lank en ’n driekwart meter breed. 2Hy het dit aan die binne- en buitekant met goud oorgetrek. Buite-om het dit ’n versierde rand gekry. 3Daar was vier ringe onder aan elke hoek, twee ringe aan elke kant. 4Besaleël het drapale van akasiahout gemaak, dit met goud oorgetrek 5en die drapale deur die ringe gesteek om die ark daaraan te dra.
6Daarna het hy die deksel vir die ark van suiwer goud gemaak. Dit was een en ’n kwart meter lank en ’n driekwart meter breed. 7Hy het twee gerubs uit goud gemaak en hulle bo-op aan die twee ente van die versoendeksel vasgemaak. 8Dit het ’n eenheid met die deksel gevorm. 9Hulle gesigte was na mekaar toe gedraai. Hulle het afgekyk op die deksel en hulle vlerke was oor die deksel oopgesprei asof hulle dit beskerm.
Die tafel vir die offerbrood
10Besaleël het die tafel uit akasiahout gemaak. Dit was een meter by ’n halwe meter groot en ’n driekwart meter hoog. 11Hy het dit met goud oorgetrek en ’n goue rand reg rondom vasgesit. 12Reg rondom was ’n lys van omtrent sewe sentimeter wat met ’n goue rand vasgesit is. 13Hy het vier ringe vir die tafel gegiet, en dit aan die vier hoeke gesit waar die pote was. 14Die ringe was net onder die lys sodat drapale daardeur gesit kon word om die tafel te dra. 15Hy het ook drapale uit akasiahout gemaak en met goud oorgetrek. 16Die toebehore vir die tafel het hy van suiwer goud gemaak. Daar was skottels en bakke waarin die geurige offers gekom het en flesse en komme wat by die tafel en by die drankoffer gebruik is.
Die kandelaar
17Besaleël het die kandelaar uit suiwer goud gemaak. Sy voetstuk, steel, blomkelke, knoppe en kroonblare het almal saam ’n eenheid gevorm. 18Die kandelaar het ses arms gehad, drie aan elke kant. 19Aan elke arm was daar ’n blomkelk in die vorm van ’n amandelbloeisel met knoppe en kroonblare. 20Bo-aan die regop middelbalk was daar ook vier blomkelke in die vorm van amandelbloeisels met knoppe en kroonblare. 21Onder aan elke arm waar dit uit die sentrale balk kom, was daar ’n blomknop. 22Die arms en blomknoppe was alles uit goud en het ’n eenheid gevorm. 23Besaleël het ook sewe lampe vir die kandelaar gemaak. Die tangetjie waarmee die vlammetjies uitgedoof word en die oliepithouer vir die lampies was ook alles van suiwer goud gemaak. 24Die kandelaar met alles wat daarby kom, is van 34 kilogram goud gemaak.
Die altaar vir die wierook
25Besaleël het daarna die altaar vir die wierook uit akasiahout gemaak. Dit was vierkantig, ’n halwe meter breed aan elke kant en een meter hoog. Die tafel met sy horings op die hoeke het alles saam ’n eenheid gevorm. 26Hy het die bokant, die sykante en die horings op die hoeke met suiwer goud oorgetrek. Hy het ook ’n rand van goud reg rondom die tafel vasgesit. 27Hy het twee goue ringe aan die teenoorstaande kante net onder die rand vasgesit. 28Ook die drapale vir die tafel is uit akasiahout gemaak en met goud oorgetrek.
29Verder het Besaleël ook die salfolie en die wierook gemeng. Dit was die werk van ’n bekwame vakman.

Currently Selected:

EKSODUS 37: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy