YouVersion Logo
Search Icon

EKSODUS 25

25
Vrywillige offers
1Die Here het vir Moses gesê: 2“Sê vir die Israeliete dat elkeen wat graag wil vir My ’n offer kan bring. 3Jy kan namens My vrywillige offers aanvaar van goud, silwer, koper, 4van blou, pers of bloedrooi wol, van linne, van bokhaar, 5van rooigekleurde vel, van gebreide vel, van akasiahout, 6van olyfolie vir die lampe, van geurige wierook vir die offers, 7van onikssteen of halfedelstene om in die efod en borssak te monteer.”
Bou vir die Here ’n heiligdom
8“Die Israeliete moet vir My ’n heiligdom maak waarin Ek tussen hulle kan kom woon. 9Jy moet hierdie tabernakel en al sy toebehore maak volgens die plan wat Ek vir jou gaan wys.”
Die aanwysings vir die ark
10“Hulle moet ’n ark van akasiahout maak. Dit moet een en ’n kwart meter lank wees, ’n driekwart meter breed en presies net so hoog. 11Jy moet dit aan die binne- en aan die buitekant met suiwer goud oortrek. Dit moet reg rondom ’n goue rand kry. 12Maak vier ringe uit goud. Sit dit aan die onderste vier hoeke vas. Daar moet twee ringe aan elke kant kom. 13Maak drapale uit akasiahout en trek dit ook oor met goud. 14Steek die pale deur die ringe aan die kante om die ark daaraan te dra. 15Hierdie pale moet altyd daar bly. Hulle mag nooit daar uitgehaal word nie. 16Jy moet later die plat klippe wat Ek vir jou gaan gee en waarop Ek die bepalings van ons ooreenkoms neergeskryf het, binne-in die ark neersit.#25:16 Of Jy moet die getuienis binne-in die ark neersit.
17“Jy moet ook ’n deksel van goud vir die ark maak. Dit is die versoendeksel. Dit moet een en ’n kwart meter lank en ’n driekwart meter breed wees. 18Maak twee beelde van gerubs met goud oorgetrek om weerskante bo-op die deksel te staan. 19Sit hulle só vas dat dit ’n eenheid met die deksel vorm. 20Die gerubs moet na mekaar kyk. Hulle moet met oopgespreide vlerke op die deksel afkyk. 21Sit die klippe wat Ek jou sal gee binne-in die ark en die versoendeksel bo-op die ark. 22Ek sal jou daar ontmoet. Ek sal van tussen die gerubs bo-op die ark met jou praat. Van daar af sal Ek vir jou my opdragte aan die Israeliete gee.”
Aanwysings vir die offerbroodtafel
23“Jy moet ook ’n tafel uit akasiahout maak. Dit moet ’n meter lank, ’n halwe meter breed en ’n driekwart meter hoog wees. 24Trek dit met suiwer goud oor. Maak ’n goue rand om reg rondom te gaan. 25Maak ook ’n lys van sewe sentimeter breed om reg rondom die tafel te gaan en sit daaraan ’n goue rand vas. 26Maak vir die tafel ringe van goud en sit dit aan die lang kante 27op die hoeke net onder die lys vas. Die drapaal moet daardeur gesteek word om die tafel daaraan te dra. 28Maak die drapaal van akasiahout en trek dit oor met goud. 29Jy moet ook vir die tafel skottels, panne, kanne en houers van goud maak sodat dit vir die drankoffers gebruik kan word. 30Sorg dat daar altyd offerbrood op die tafel is.”
Aanwysings vir die kandelaar
31“Maak ’n kandelaar uit suiwer goud. Dit moet ’n eenheid vorm met ’n voetstuk, steel, blomkelke, knoppe en blare – alles uit bladgoud. 32Dit moet ses arms hê. Drie arms moet aan elke kant van die stam uitkom. 33Aan elke arm moet daar ’n kelkie wees wat lyk soos ’n amandelbloeisel, kompleet met knoppe en blare. 34Die steel in die middel moet vier amandelbloeisels hê met knoppe en blare. 35Waar die arms uit die steel kom, moet elke paar aan die onderkant ’n blomknop hê. 36Die steel en takke en versierings moet ’n eenheid vorm. Dit moet alles uit bladgoud gemaak word. 37Maak sewe lampies vir die kandelaar. Sit hulle so daaraan vas dat hulle na die voorkant toe skyn.
38“Die tangetjie waarmee die pit versorg word en die houers waarin die pit kom, moet ook van suiwer goud wees. 39Jy sal 34 kilogram#25:39 Of een talent. suiwer goud nodig hê vir die kandelaar en sy bybehore.
40“Sorg dat jy alles maak presies volgens die planne wat Ek vir jou op die berg gewys het.”

Currently Selected:

EKSODUS 25: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy