YouVersion Logo
Search Icon

EFESIËRS 2

2
Julle is saam met Christus lewend gemaak
1As gevolg van julle verkeerde lewe en sondes was ook julle geestelik dood#2:1 Grondteks julle was dood.. 2Julle leefstyl destyds is bepaal deur hierdie bose wêreld, ja, deur die regeerder van die mag wat in die lug is. Dit is die gees wat nou nog werk in almal wat aan God ongehoorsaam is#2:2 Grondteks in die seuns van ongehoorsaamheid.. 3Ons almal het vroeër so gelewe. Ons gedrag is bepaal deur ons sondige begeertes. Elke sondige wens wat in ons gedagtes opgekom het, het ons sommer net gedoen. Soos die ander mense was ons vanselfsprekend vir God se straf bestem#2:3 Grondteks was ons van nature kinders van die toorn..
4Maar God se ontferming is oorvloedig. Die liefde waarmee Hy ons liefgehad het, was so groot 5dat toe ons verkeerde lewe ons geestelike dood veroorsaak het, Hy ons saam met Christus lewend gemaak het. Dis dus God se genade wat maak dat julle verlos is! 6Omdat ons aan Christus Jesus verbind is#2:6 Grondteks in Christus is., het God ons saam met Hom opgewek en saam met Hom ’n sitplek in die hemel gegee. 7So sal God ook in die tye#2:7 Grondteks eeue. wat kom, bewys dat Hy heeltemal oorloop van genade. Die goedheid wat God ons deur Christus Jesus gegee het, sal as bewys dien.
8Dit is mos dié genade wat julle verlos het deurdat julle tot geloof gekom het. En julle verlossing kom nie uit julleself nie, maar is ’n gawe van God. 9Dit is nie die gevolg van julle dade nie. Niemand kan daaroor grootpraat nie, 10want ons is God se handewerk. Hy het ons in ons eenheidsband met Christus Jesus#2:10 Grondteks in Christus Jesus. só gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe.
Julle is één in Christus
11Dink daarom aan die tyd toe julle wat as nie-Jode gebore is, “onbesnedenes” genoem is deur dié wat “besnedenes” genoem word – al is die besnydenis net mensewerk aan die liggaam. 12Dink daaraan dat julle toe sonder Christus was, nie burgers van God se volk#2:12 Grondteks vervreemd van die burgerskap van Israel. nie, uitlanders wat nie deel gehad het aan die beloftes van die verbonde nie. Julle was sonder toekomsverwagting en sonder God in die wêreld. 13Maar nou het julle wat toe ver weg was, deur julle verhouding met Christus naby gekom. Dit is moontlik gemaak deur Christus se dood aan die kruis#2:13 Grondteks Christus se bloed..
14Christus het inderdaad vrede tussen ons gebring.#2:14a Grondteks Christus is inderdaad ons vrede. Deur sy liggaam aan die kruis te gee#2:14b Grondteks In sy liggaam. het Hy die twee groepe één gemaak#2:14c Grondteks Hy het albei een gemaak.; ja, die muur van vyandskap het Hy afgebreek. 15Hy het ’n einde gemaak aan die wet met sy voorskrifte. Hy het vrede gebring deur in Homself die twee groepe tot een nuwe mensheid#2:15 Grondteks mens. te omskep. 16Ja, deur sy dood aan die kruis het Hy die vyandskap beëindig#2:16 Grondteks tot niet gemaak.. Só het Hy albei groepe in een liggaam met God versoen. 17Hy het vrede kom verkondig vir hulle wat ver is, én vir hulle wat naby is. 18Dit is aan Hom te danke dat albei van ons deur een Gees toegang tot die Vader het.
Julle is die Here se tempel
19Julle is dus nie meer uitlanders en bywoners nie, maar medeburgers van hulle wat aan God behoort#2:19 Grondteks van die heiliges.. Ja, julle is lede van God se huisgesin 20wat gebou is op die fondament wat die apostels en die profete gelê het. Christus Jesus is self die hoekklip 21op wie#2:21a Grondteks in wie. die hele gebou, terwyl dit kunstig inmekaargepas word, verrys tot ’n tempel wat aan die Here toegewy#2:21b Grondteks heilig in die Here. is. 22Deur julle verhouding met Hom#2:22 Grondteks In Hom. word ook julle saam opgebou tot ’n gebou waarin God deur sy Gees woon.

Currently Selected:

EFESIËRS 2: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy