YouVersion Logo
Search Icon

EFESIËRS 1

1
Paulus skryf aan die gelowiges in Efese en stuur ’n seëngroet
1Hierdie brief kom van Paulus. Ek is deur God gekies#1:1a Grondteks deur die wil van God. om ’n apostel van Christus Jesus te wees.
Ek skryf aan God se mense#1:1b Grondteks die heiliges. in Efese#1:1c In sommige manuskripte ontbreek in Efese., hulle wat in Christus Jesus glo#1:1d Of dié wat getrou is aan Christus Jesus..
2Mag die genade#1:2, 6b, 7b Of onverdiende goedheid. en vrede van God ons Vader en die Here Jesus Christus met julle wees.
Wonderlike geestelike geskenke
3Prys God, die Vader van ons Here Jesus Christus, voortdurend, want Hy is wonderlik goed vir ons! Deur wat Christus gedoen het,#1:3 Of In Christus. het Hy ons geseën met elke geestelike seëning wat daar in die hemelsfere is. 4Deur wat Christus gedoen het, het God ons uitgekies. Omdat Hy ons liefhet, het Hy ons, al voor die wêreld gemaak is, uitgekies om Syne#1:4 Grondteks heilig. te wees en onberispelik in liefde voor sy aangesig te lewe. 5Deur wat Christus gedoen het, het God vooraf besluit om ons as sy kinders#1:5 Of seuns. aan te neem. Hy het dit gedoen omdat dit is hoe Hy dit wou hê. 6Daarom prys ons God se grootheid. Deur sy Seun wat Hy liefhet#1:6a Grondteks In die Geliefde., het Hy genade#1:2, 6b, 7b Of onverdiende goedheid. aan ons gegee.
7Deur sy geliefde Seun#1:7a Grondteks Deur sy bloed. is ons verlos deurdat Hy sy bloed vir ons gestort het. Ons oortredings is vergewe omdat God die rykdom van sy genade#1:2, 6b, 7b Of onverdiende goedheid. 8in oorvloed aan ons gegee het. God, wat al die wysheid en insig het, 9het sy geheime plan#1:9 Grondteks die geheimenis van sy wil. aan ons bekendgemaak. So het Hy dit reeds voorheen, met die fokus op Christus, goedgevind om hierdie plan 10in die volheid van die tye tot uitvoering te bring. Hierdie geheime plan is om alles wat in die hemel en op die aarde is, onder een hoof te verenig; en hierdie hoof is Christus.
11Deur wat Christus gedoen het, het ons ook deel van God se eie erfdeel geword. Ons was vooraf daartoe bestem! Dit was God se doel! Hy het alles laat uitwerk soos Hy dit beplan en wou gehad het. 12Die gevolg is dat God se grootheid deur ons bestaan verheerlik word. Ons was die eerstes wat ons hoop op Christus geplaas het. 13Deur wat Christus gedoen het, het ook julle die waarheid gehoor, die Goeie Nuus#1:13 Of evangelie. waardeur julle verlos word. Op grond van wat Christus gedoen het, is julle, toe julle tot geloof gekom het, tot God se eiendom gemerk deur die Heilige Gees wat God belowe het. 14Die Heilige Gees is God se deposito wat ons volle erfenis waarborg totdat almal wat aan God behoort, volkome verlos sal wees. Daarvoor moet ons God se grootheid prys!
Gebed om wysheid
15Die nuus dat julle in die Here Jesus glo en liefde aan al God se mense bewys, maak dat ook ek 16nie ophou om God vir julle te dank nie. Ek dink aan julle in my gebede en vra 17dat die God van ons Here Jesus Christus – die Vader aan wie al die heerlikheid behoort – aan julle geestelike wysheid en insig#1:17a Grondteks ’n gees van wysheid en openbaring. sal gee deurdat julle Hom persoonlik ken#1:17b Grondteks in ’n volle kennis van Hom.. 18Mag God julle harte#1:18a Grondteks die oë van julle harte. so verlig dat julle sal insien watter wonderlike vooruitsig#1:18b Grondteks hoop. sy roeping inhou. Mag julle insien hoe ’n ryk heerlikheid dit is dat God sy eie mense vir Hom as ’n erfdeel verkry het#1:18c Grondteks wat die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges is.. 19Mag julle insien hoe enorm groot die krag is wat God gebruik vir ons wat glo.
Dieselfde magtige sterkte was ook aan die werk 20toe God Christus uit die dood opgewek het en Hom in die hemel aan sy regterhand laat sit het. 21Nou is Christus hoog verhewe bo#1:21a Of baie sterker as. elke owerheid en gesag en krag en heerskappy, ja, elke noemenswaardige instansie#1:21b Grondteks elke naam wat genoem word., nie net in hierdie wêreld#1:21c Of bedeling. nie, maar ook in die wêreld wat kom. 22God het alle dinge onder sy beheer gestel#1:22 Grondteks onder sy voete onderwerp. en Hom ook as Hoof van alles aan die kerk gegee. 23Die kerk is sy liggaam, die volheid van Hom wat alles in elke opsig met sy teenwoordigheid vul.

Currently Selected:

EFESIËRS 1: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy