YouVersion Logo
Search Icon

2 KRONIEKE 3

3
Salomo bou die tempel
1Salomo het toe begin om die tempel van die Here in Jerusalem op die Moriaberg te bou, daar waar die Here aan Salomo se pa Dawid verskyn het. Die tempel is gebou op die dorsvloer van Arauna#3:1 Soos in 2 Sam 24:18. Grondteks lees egter Ornan (vgl ook 1 Kron 21:18). die Jebusiet, op die plek wat Dawid uitgekies het. 2Die bouwerk het in die middel van die lente#3:2 Of die tweede dag van die tweede maand. begin, in die vierde jaar van Salomo se bewind.
3Die fondament wat Salomo gelê het vir die tempel van God, was 30 meter lank en tien meter breed. 4Die voorportaal was langs die hele breedte van die tempel; dus tien meter lank en 60 meter hoog. Die binnekant was oordek met suiwer goud.
5Die hoofvertrek van die tempel is met sipreshoutpanele bedek, met suiwer goud oorgetrek en versier met graverings van palms en kettings.
6Die mure van die tempel is versier met pragtige juwele en suiwer goud uit Parwajim. 7Al die mure, balke, deure en drumpels in die hele tempel is oorgetrek met goud, en figure van gerubs is teen die mure uitgekerf.
8Die Allerheiligste was tien meter lank, soos die wydte van die tempel. Dit was ook tien meter breed en oorgetrek met suiwer goud, ongeveer twintig ton. 9Hulle het goue spykers gebruik wat ongeveer ’n halwe kilogram weeg. Die mure van die bokamers was ook met suiwer goud oorgetrek.
10Salomo het twee figure gemaak wat soos gerubs gelyk het en dit met goud oorgetrek. Dit is in die Allerheiligste neergesit. 11Die vlerke van die gerubs wat langs mekaar gestaan het, was saam tien meter lank. Een vlerk van die eerste gerub het die muur geraak. Die ander vlerk het aan die vlerk van die tweede gerub geraak. Altesaam was die een se vlerkspan vyf meter lank. 12Net so het die een vlerk van die tweede gerub die ander muur geraak en die ander vlerk die vlerk van die eerste gerub. 13Tesame was die vlerkspan van albei gerubs tien meter. Albei het op hulle eie voete gestaan en uitgekyk op die hoofvertrek van die tempel.
14Salomo het ’n gordyn voor die ingang na die Allerheiligste gehang. Dit is gemaak van fyn linne en blou, pers en bloedrooi stof, met figure van gerubs daarop uitgewerk.
15Aan die voorkant van die tempel het Salomo twee pilare van sewentien en ’n half meter hoog opgerig. Elkeen het ’n kapiteel bo-op gehad van twee en ’n half meter. 16Hy het kettings gemaak soos ’n krans en het die bopunte van die pilare daarmee verfraai. Hy het ook 100 granate gemaak en aan die kettings vasgemaak. 17Daarna het hy die twee pilare by die ingang tot die tempel gesit, een aan die suidekant van die ingang en die ander aan die noordekant. Hy het die suidelike een Jakin genoem en die noordelike een Boas.

Currently Selected:

2 KRONIEKE 3: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy