YouVersion Logo
Search Icon

1 KRONIEKE 8

8
Afstammelinge van Benjamin
1Die seuns van Benjamin was, in volgorde van ouderdom, Bela, die oudste, Asbel, Agrag, 2Noga en Rafa.
3Die seuns van Bela was Ard, Gera, Abihud#8:3 Moontlik Gera die vader van Egud. Vgl 8:7., 4Abisua, Naäman, Agoag, 5Gera, Sefufan en Guram.
6Die seuns van Egud, almal leiers van families wat by Geba gebly het, is uitgedryf en het na Managat getrek. 7Egud se seuns was Naäman, Agija en Gera. Gera, pa van Ussa en Agigud, het hulle gelei toe hulle getrek het.
8Nadat Sagarajim sy vroue Gusim en Baära geskei het, het hy kinders in die land Moab gehad. 9Godes, sy nuwe vrou, het geboorte gegee aan Jobab, Sibja, Mesa, Malkam, 10Jeüs, Sakeja en Mirma. Hierdie seuns het almal die leiers van families geword.
11Sagarajim se vrou Gusim het alreeds geboorte gegee aan Abitub en Elpaäl. 12Die seuns van Elpaäl was Eber, Misam, Semed wat Ono en Lod en hulle omliggende dorpies gebou het, 13asook Beria en Sema. Hulle was die leiers van families wat in Ajalon gebly het en die inwoners van Gat verjaag het.
14Agjo, Sasak, Jeremot, 15Sebadja, Arad, Eder, 16Migael, Jispa en Joga was die seuns van Beria.
17Sebadja, Mesullam, Giski, Geber, 18Jismerai, Jislia en Jobab was die seuns van Elpaäl.
19Jakim, Sikri, Sabdi, 20Eliënai, Silletai, Eliël, 21Adaja, Beraja en Simrat was die seuns van Simi.
22Jispan, Eber, Eliël, 23Abdon, Sikri, Ganan, 24Gananja, Elam, Antotija, 25Jifdeja en Penuel was die seuns van Sasak.
26Samserai, Segarja, Atalia, 27Jaäresja, Elia en Sikri was die seuns van Jerogam.
28Hulle was die leiers van familiegroepe, en hulle name is opgeteken in die geslagsregister. Hulle het almal in Jerusalem gewoon.
Die familie van Saul
29Gibeon se pa het in Gibeon gewoon. Sy vrou se naam was Maäka, 30en hulle oudste seun se naam was Abdon. Die ander seuns was Sur, Kis, Baäl, Nadab, 31Gedor, Agjo, Seker en 32Miklot wat die pa van Sima was. Al dié families het naby mekaar in Jerusalem gebly.
33Ner was die pa van Kis. Kis was die pa van Saul. Saul was die pa van Jonatan, Malkisua, Abinadab en Es-Baäl.
34Jonatan was die pa van Meribbaäl. Meribbaäl was die pa van Miga.
35Miga was die pa van Piton, Melek, Tagrea en Agas.
36Agas was die pa van Jehoadda. Jehoadda was die pa van Alemet, Asmawet en Simri. Simri was die pa van Mosa.
37Mosa was die pa van Bina. Bina was die pa van Rafa. Rafa was die pa van Elasa. Elasa was die pa van Asel.
38Asel het ses seuns gehad: Asrikam, Bokeru, Ismael, Searja, Obadja en Ganan. Hulle was Asel se seuns.
39Asel se broer Esek het drie seuns gehad: Ulam, die oudste, Jeüs, die tweede, en Elifelet, die derde. 40Die seuns van Ulam was almal vaardige soldate en ervare boogskutters. Hulle het baie kinders en kindskinders gehad, 150 in totaal.
Hulle was almal afstammelinge van Benjamin.

Currently Selected:

1 KRONIEKE 8: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy