YouVersion Logo
Search Icon

1 KRONIEKE 7

7
Afstammelinge van Issaskar
1Die vier seuns van Issaskar was Tola, Puwwa, Jasub en Simron.
2Die seuns van Tola was Ussi, Refaja, Jeriël, Jagmai, Jibsam en Samuel. Elkeen van hulle was ’n leier van hulle familie. Teen die tyd van koning Dawid was 22 600 manne vir militêre diens beskikbaar uit dié families.
3Die seun van Ussi was Seragja. Die seuns van Seragja was Migael, Obadja, Joël en Jissija. Hierdie vyf het die leiers van families geword. 4Tussen hulle afstammelinge was 36 000 beskikbaar vir militêre diens, want al vyf van hulle het baie vroue en kinders gehad.
5Die totale aantal manne wat beskikbaar was vir militêre diens van al die families van Issaskar was 87 000.
Afstammelinge van Benjamin
6Drie van Benjamin se seuns was Bela, Beker en Jediael.
7Die seuns van Bela was Esbon, Ussi, Ussiël, Jerimot en Iri. Hierdie vyf soldate was die leiers van families. Die totale aantal manne wat vir militêre diens beskikbaar was, was 22 034. Almal van hulle se name is opgeteken in hulle geslagsregister.
8Die seuns van Beker was Semira, Joas, Eliëser, Eljoënai, Omri, Jeremot, Abia, Anatot en Alemet. 9Volgens hulle geslagsregister was daar 20 200 manne beskikbaar vir militêre diens tussen hulle afstammelinge, buiten hulle families se leiers.
10Die seun van Jediael was Bilhan. Die seuns van Bilhan was Jeüs, Benjamin, Ehud, Kenaäna, Setan, Tarsis en Agisagar. 11Hulle was die leiers van die families van Jediael, en tussen hulle afstammelinge was 17 200 manne vir militêre diens beskikbaar. 12Die seuns van Ir was Suppim en Guppim. Gusim was die seun van Ager.
Afstammelinge van Naftali
13Die seuns van Naftali was Jagseël, Guni, Jeser en Sillem. Hulle was afstammelinge van Bilha.
Afstammelinge van Manasse
14Die seuns van Manasse by sy Aramese byvrou was Asriël en Makir. Makir was die pa van Gilead. 15Makir het vir Guppim en Suppim vroue gekry. Makir se suster se naam was Maäka. Een van sy afstammelinge was Selofgad, wat net dogters gehad het.
16Makir se vrou Maäka het ’n seun gehad wat sy Peres genoem het. Sy broer se naam was Seres. Die seuns van Peres was Ulam en Rekem. 17Die seun van Ulam was Bedan. Hulle is almal geag as Gileadiete, afstammelinge van Makir, die seun van Manasse.
18Makir se suster Moleket het geboorte gegee aan Ishod, Abiëser en Magla.
19Die seuns van Semida was Agjan, Sekem, Likgi en Aniam.
Afstammelinge van Efraim
20Die afstammelinge van Efraim was Sutelag, Bered, Tagat, Elada, Tagat, 21Sabad en Sutelag. Efraim se seuns Eser en Elad het probeer om vee van die boere naby Gat te steel toe hulle doodgemaak is. 22Hulle pa, Efraim, het baie lank oor hulle getreur, en sy familie het hom kom troos. 23Daarna het Efraim by sy vrou geslaap, en sy het swanger geword en geboorte aan ’n seun gegee. Efraim het hom Beria#7:23 Die Hebreeuse woord klink soos tragedie of ongeluk. genoem as gevolg van die tragedie wat die familie getref het.
24Efraim het ’n dogter gehad met die naam Seëra. Sy het Bet-Goron-Onder en Bet-Goron-Bo gebou, en Ussen-Seëra.
25Efraim se geslagslyn was Refag, Resef, Telag, Tagan, 26Ladan, Ammihud, Elisama, 27Nun en Josua.
28Die afstammelinge van Efraim het in die grondgebied gebly wat Bet-El met sy omliggende dorpies na die suide ingesluit het: Naära na die ooste, Geser met sy omliggende dorpies na die weste, en Sigem met sy omliggende dorpies na die noorde tot so ver as Aja met sy dorpies. 29Langs die grens van Manasse was die stede van Bet-San, Taänak, Megiddo en Dor, almal met hulle omliggende dorpies. Die afstammelinge van Josef, die seun van Israel, het hier gewoon.
Afstammelinge van Aser
30Die seuns van Aser was Jimma, Jiswa, Jiswi en Beria. Serag was hulle suster.
31Die seuns van Beria was Geber en Malkiël, wat die pa van Birsajit was.
32Die seuns van Geber was Jaflet, Semer en Gotam. Sua was hulle suster.
33Die seuns van Jaflet was Pasak, Bimhal en Aswat.
34Die seuns van Semer was Agi, Roga, Gubba en Aram.
35Die seuns van sy broer Gotam was Sofag, Jimna, Seles en Amal.
36Die seuns van Sofag was Suag, Garnefer, Sual, Beri, Jimra, 37Beser, Hod, Samma, Silsa, Jitran en Beëra.
38Die seuns van Jitran was Jefunne, Pispa en Ara.
39Die seuns van Ulla was Arag, Ganniël en Risja.
40Elkeen van hierdie afstammelinge van Aser was die leier van ’n familiegroep. Hulle was ook almal vaardige soldate en prominente leiers. Daar was 26 000 manne wat vir militêre diens beskikbaar was tussen hulle afstammelinge wat in die geslagsregister opgeteken is.

Currently Selected:

1 KRONIEKE 7: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy