YouVersion Logo
Search Icon

1 SAMUEL 15

15
Saul moet die Amalekiete uitroei
1Op ’n dag sê Samuel vir Saul: “Ek het jou as koning oor Israel gesalf omdat dit die Here se opdrag aan my was. Luister nou na die boodskap van die Here: 2Dit is wat die Here, die Almagtige, sê: ‘Ek het besluit om Amalek tot verantwoording te roep omdat hulle Israel teengestaan het toe hulle uit Egipte getrek het. 3Jy moet nou gaan en Amalek heeltemal uitroei#15:3, 8, 9 Kan ook met banvloek vertaal word. Dit dui op algehele toewyding van goedere en mense aan die Here, deur óf vernietiging óf as ’n offerande.. Doen dit sonder dat jy iemand oorsien, mans, vroue, kinders, babas, grootvee, kleinvee, kamele en donkies.’”
4Saul het toe sy soldate by Telaim bymekaargeroep. Daar was 200 000 manskappe behalwe die 10 000 uit Juda. 5Saul gaan toe na die stad van Amalek en stel ’n hinderlaag by die spruit. 6Hy stuur ook ’n boodskap aan die Keniete: “Gee pad tussen die Amalekiete, anders sal julle saam met hulle omkom. Julle was Israel immers goedgesind toe hulle uit Egipte opgetrek het.” Die Keniete het toe padgegee.
7Saul het daarna die Amalekiete verslaan van Gawila af tot by Sur, oos van Egipte. 8Hy het Agag, die koning van Amalek, gevange geneem, maar al die ander mense en diere totaal uitgewis#15:3, 8, 9 Kan ook met banvloek vertaal word. Dit dui op algehele toewyding van goedere en mense aan die Here, deur óf vernietiging óf as ’n offerande.. 9Saul en sy manskappe het Agag se lewe gespaar, asook die beste skape en beeste, die vet kalwers en lammers – trouens, alles wat hulle begeer het. Hulle het net dit wat waardeloos was, vernietig#15:3, 8, 9 Kan ook met banvloek vertaal word. Dit dui op algehele toewyding van goedere en mense aan die Here, deur óf vernietiging óf as ’n offerande..
Die Here verwerp Saul
10Die Here sê toe vir Samuel: 11“Ek is spyt#15:11 Spyt druk hier God se droefheid uit. daaroor dat Ek Saul koning gemaak het, want hy was ontrou aan My en ongehoorsaam aan my opdragte.” Samuel was baie ontsteld hieroor en het die hele nag lank by die Here gepleit.
12Vroeg die volgende môre het Samuel vir Saul gaan soek. Iemand sê vir hom: “Saul is Karmel toe om ’n gedenkteken vir homself op te rig. Hy het toe omgedraai en Gilgal toe gegaan.”
13Toe Samuel hom uiteindelik kry, het Saul hom vriendelik gegroet en gesê: “Mag die Here u seën! Ek het die Here se opdrag uitgevoer!”
14“Hoekom hoor ek dan die geblêr van skape en die gebulk van beeste?” vra Samuel.
15“Die soldate het van die diere gespaar,” antwoord Saul. “Hulle het die beste van die skape en die beeste van Amalek saamgebring om vir die Here u God te offer. Al die ander het ons vernietig#15:15, 18, 20 Kan ook met banvloek vertaal word..”
16Daarop sê Samuel vir Saul: “Wag ’n bietjie, laat ek jou vertel wat die Here laas nag vir my gesê het!”
“Wat was dit?” vra Saul.
17Samuel sê vir hom: “Voorheen het jy min van jouself gedink, tog het jy die leier van die stamme van Israel geword. Die Here het jou tot koning van Israel gesalf. 18Die Here het jou met hierdie opdrag gestuur en gesê: ‘Jy moet die sondaars, die Amalekiete, gaan vernietig#15:15, 18, 20 Kan ook met banvloek vertaal word. en hulle almal totaal uitwis.’ 19Hoekom het jy nie na die Here geluister nie? Hoekom het jy jou aan die buit vergryp en presies dit gedoen wat die Here gesê het jy nie moes doen nie?”
20“Maar ek hét na die Here geluister,” hou Saul vol. “Ek het die opdrag wat Hy my gegee het, uitgevoer. Ek het koning Agag teruggebring, maar ek het al die ander mense doodgemaak#15:15, 18, 20 Kan ook met banvloek vertaal word.. 21Die soldate het die beste van die skape en beeste gebring om vir die Here u God in Gilgal te offer.”
22Maar Samuel antwoord:
“Wat verkies die Here:
brandoffers
of gehoorsaamheid?
Gehoorsaamheid
is beter as offers;
om te luister
is beter as die vet van ramme.
23Opstandigheid is
net so ’n oortreding
soos waarsêery,
en hardkoppigheid is net so ’n sonde
soos afgodery.
Omdat jy die Here se woord
verwerp het,
het Hy jou as koning verwerp.”
Saul pleit om vergifnis
24Toe bely Saul: “Ek het gesondig. Ek was ongehoorsaam aan die Here se opdrag en u voorskrifte, want ek was bang vir die manskappe en het aan hulle versoeke toegegee. 25Maar nou vra ek om vergifnis en dat u saam met my sal gaan om die Here te aanbid.”
26Maar Samuel antwoord: “Ek sal nie saam met jou gaan nie! Omdat jy die Here se opdrag verwerp het, het Hy jou verwerp as koning oor Israel.”
27Toe Samuel omdraai om te gaan, gryp Saul aan sy kleed sodat dit geskeur het. 28Samuel sê vir hom: “Die Here het vandag die koninkryk van Israel van jou afgeskeur en dit vir iemand anders gegee wat beter is as jy. 29Die Ewige van Israel lieg nie en sal ook nie sy plan verander nie, want Hy is nie ’n mens wat van gedagte verander nie!”
30Saul het weer by hom gepleit: “Ek weet ek het gesondig. Maar asseblief, eer my voor die leiers en die manskappe deur saam met my te gaan om die Here u God te aanbid.” 31Uiteindelik het Samuel ingestem en saam met hom gegaan. Saul het toe die Here aanbid.
Samuel maak Agag dood
32Samuel sê toe vir Saul: “Bring Agag, koning van die Amalekiete, hier na my toe.” Agag kom toe vol verwagting, en sê vir homself: “Hulle gaan my beslis nie doodmaak nie!” 33Maar Samuel sê:
“Soos jou swaard baie ma’s
kinderloos gemaak het,
so sal jou ma
nou kinderloos wees.”
Toe het Samuel vir Agag voor die Here in Gilgal in stukke gekap. 34Daarna het Samuel na sy huis in Rama gegaan en Saul na sy huis in Gibea. 35Samuel het tot op die dag van sy dood nooit weer vir Saul gesien nie, hoewel hy oor hom gerou het. Die Here het berou gehad dat Hy Saul koning van Israel gemaak het.

Currently Selected:

1 SAMUEL 15: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy