YouVersion Logo
Search Icon

1 KRONIEKE 3

3
Nageslag van Dawid
1Dit is die seuns wat vir Dawid in Hebron gebore is:
Die oudste was Amnon, wie se ma Aginoam uit Jisreël was.
Die tweede was Kilead#3:1 Grondteks Daniël. Vgl parallelle teks in 2 Sam 3:3., wie se ma Abigajil uit Karmel was.
2Die derde was Absalom, wie se ma Maäka, dogter van Talmai, die koning van Gesur, was.
Die vierde was Adonia, wie se ma Gaggit was.
3Die vyfde was Sefatja, wie se ma Abital was.
Die sesde was Jitream, wie se ma Egla was.
4Hierdie ses seuns is vir Dawid in Hebron gebore waar hy sewe en ’n half jaar regeer het.
In Jerusalem het hy ’n verdere 33 jaar regeer. 5Die seuns wat vir hom in Jerusalem gebore is, is Sima, Sobab, Natan en Salomo. Batseba, die dogter van Ammiël, was die ma van hierdie seuns. 6Dawid het ook nege ander seuns gehad: Jibgar, Elisua, Elpelet, 7Noga, Nefeg, Jafia, 8Elisama, Eljada#3:8 Grondteks Beëljada, ’n variante naam vir Eljada. Vgl parallelle teks in 2 Sam 5:16. en Elifelet.
9Hulle was die seuns van Dawid, behalwe die seuns van sy byvroue. Dawid het ook ’n dogter met die naam Tamar gehad.
Afstammelinge van Salomo
10Die afstammelinge van Salomo was Rehabeam, Abia, Asa, Josafat, 11Joram, Ahasia, Joas, 12Amasia, Asarja, Jotam, 13Agas, Hiskia, Manasse, 14Amon en Josia.
15Die seuns van Josia was Joganan, die oudste, Jojakim, die tweede, Sedekia, die derde, en Sallum, die vierde.
16Jojakim is opgevolg deur sy seun Jojagin. Hý is weer opgevolg deur sy oom, Sedekia.
Afstammelinge van Jojagin
17Die seuns van Jojagin, wat deur die Babiloniërs gevange geneem is, was Sealtiël, 18Malkiram, Pedaja, Senassar, Jekamja, Hosama en Nedabja.
19Die seuns van Pedaja was Serubbabel en Simi.
Die seuns van Serubbabel was Mesullam en Gananja. Hy het ook ’n dogter met die naam Selomit gehad. 20Sy vyf ander seuns was Gasuba, Ohel, Berekja, Gasadja en Jusab-Gesed.
21Die seuns van Gananja was Pelatja en Jesaja. Jesaja se seun was Refaja. Refaja se seun was Arnan. Arnan se seun was Obadja. Obadja se seun was Sekanja.
22Die afstammelinge van Sekanja was Semaja en sy seuns, Gattus, Jigal, Bariag, Nearja en Safat, ses in totaal.
23Die seuns van Nearja was Eljoënai, Hiskia en Asrikam, drie in totaal.
24Die seuns van Eljoënai was Hodauja, Eljasib, Pelaja, Akkub, Joganan, Delaja en Anani, sewe in totaal.

Currently Selected:

1 KRONIEKE 3: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy