YouVersion Logo
Search Icon

1 KRONIEKE 24

24
Pligte van die priesters
1Dit is hoe Aäron se afstammelinge, die priesters, in groepe ingedeel was vir dienswerk. Die seuns van Aäron was Nadab, Abihu, Eleasar en Itamar. 2Maar Nadab en Abihu het voor hulle pa gesterf, en hulle het geen seuns gehad nie. Net Eleasar en Itamar was oor om as priesters te dien.
3Met die hulp van Sadok, wat ’n afstammeling van Eleasar was, en van Agimelek, wat ’n afstammeling van Itamar was, het Dawid hulle in groepe ingedeel volgens hulle verskillende dienswerke. 4Eleasar se nageslag is in sestien groepe verdeel en Itamar in agt groepe, want daar was meer familieleiers tussen die afstammelinge van Eleasar.
5Alle take is tussen die groepe verdeel deur middel van die gewyde lot sodat niemand voorkeur gekry het nie, want daar was baie bekwame amptenare wat God in die heiligdom kon dien tussen die afstammelinge van beide Eleasar en Itamar. 6Die sekretaris Semaja, seun van Netanel, ’n Leviet, het al die name opgeteken in die teenwoordigheid van die koning, die leiers, Sadok, die priester, Agimelek, seun van Abjatar, en die familieleiers van die priesters en Leviete. Die afstammelinge van Eleasar en Itamar is om die beurt met die lot aangewys.
7Die eerste lot het op Jojarib geval. Die tweede het op Jedaja geval. 8Die derde het op Garim geval. Die vierde het op Seorim geval. 9Die vyfde het op Malkija geval. Die sesde het op Mijamin geval. 10Die sewende het op Kos geval. Die agtste het op Abia geval. 11Die negende het op Jesua geval. Die tiende het op Sekanja geval. 12Die elfde het op Eljasib geval. Die twaalfde het op Jakim geval. 13Die dertiende het op Guppa geval. Die veertiende het op Jesebab geval. 14Die vyftiende het op Bilga geval. Die sestiende het op Immer geval. 15Die sewentiende het op Gesir geval. Die agtiende het op Pisses geval. 16Die negentiende het op Petagja geval. Die twintigste het op Esegiël geval. 17Die 21ste het op Jakin geval. Die 22ste het op Gamul geval. 18Die 23ste het op Delaja geval. Die 24ste het op Maäsja geval.
19Elke groep het sy pligte in die huis van die Here uitgevoer volgens die prosedures wat hulle voorouer Aäron vir hulle voorgeskryf het, soos die Here, die God van Israel, hom beveel het.
Familieleiers van die Leviete
20Hier is die ander familieleiers wat van Levi afgestam het:
Van die afstammelinge van Amram was Subael die leier.
Van die afstammelinge van Subael was Jegdeja die leier.
21Van die afstammelinge van Regabja was Jissija die leier.
22Van die afstammelinge van Jissija was Selomit die leier.
Van die afstammelinge van Selomit was Jagat die leier.
23Van die afstammelinge van Hebron was Jerija die leier, Amarja die tweede in bevel, Jagasiël die derde en Jekamam die vierde.
24Van die afstammelinge van Ussiël was Miga die leier.
Van die afstammelinge van Miga was Samir die leier, 25saam met Jissija, die broer van Miga.
Van die afstammelinge van Jissija was Sagaria die leier.
26Van die afstammelinge van Merari was Magli en Musi die leiers.
Van die afstammelinge van Jaäsija was Beno die leier.
27Van die afstammelinge van Merari was die leiers Soham, Sakkur en Ibri.
28Van die afstammelinge van Magli was Eleasar die leier, maar hy het nie seuns gehad nie.
29Van die afstammelinge van Kis was Jeragmeël die leier.
30Van die afstammelinge van Musi was Magli, Eder en Jerimot die leiers.
Hierdie was almal die afstammelinge van Levi volgens hulle families. 31Soos die afstammelinge van Aäron is hulle ook aan dienswerke toegewys deur middel van die gewyde lot, sonder om ouderdom of rang in ag te neem.
Dit is in die teenwoordigheid van koning Dawid, Sadok, Agimelek en die familieleiers van die priesters en Leviete gedoen.

Currently Selected:

1 KRONIEKE 24: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy