YouVersion Logo
Search Icon

1 KRONIEKE 20

20
Rabba beset
1Die volgende lente, die tyd wanneer die konings gaan oorlog maak, het Joab die Israelitiese leërmag gelei. Hulle het die stede en dorpe van die Ammoniete verwoes. In die proses het hulle die stad Rabba beleër en dit vernietig. Dawid het in Jerusalem agtergebly.
2Toe Dawid in Rabba aankom, het hy die kroon van die koning se kop afgehaal en dit is op Dawid se kop gesit. Die kroon was van goud met juwele daarin, en dit het 34 kilogram#20:2 Grondteks een talent. geweeg. Dawid het ook ’n baie groot buit uit die stad gevat. 3Hy het van die mense van Rabba slawe gemaak en hulle gedwing om met sae, pikke en byle te werk. So het Dawid al die mense van die Ammonitiese stede behandel. Hierna het Dawid en sy leër na Jerusalem toe teruggegaan.
Oorloë teen die Filistyne
4Hierna het daar by Geser oorlog teen die Filistyne uitgebreek. Terwyl hulle veg, het Sibbekai van Gusa vir Sippai, ’n afstammeling van die reuse#20:4, 6, 8 Grondteks afstammelinge van die Refaïete., verslaan. Die Filistyne is onderwerp.
5In ’n volgende geveg met die Filistyne het Elganan, seun van Jaïr, vir Lagmi, broer van Goliat uit Gat, doodgemaak. Die handvatsel van Lagmi se spies was so dik soos ’n wewersbalk!
6In nog ’n geveg met die Filistyne by Gat was daar ’n reuse man met ses vingers aan elke hand en ses tone aan elke voet, 24 in totaal, ’n afstammeling van die reuse#20:4, 6, 8 Grondteks afstammelinge van die Refaïete.. 7Hy het Israel uitgedaag. Maar Jonatan, seun van Dawid se broer Samma, het hom doodgemaak.
8Hierdie Filistyne was afstammelinge van die reuse#20:4, 6, 8 Grondteks afstammelinge van die Refaïete. van Gat, maar hulle is deur Dawid en sy soldate doodgemaak.

Currently Selected:

1 KRONIEKE 20: NLV

Highlight

Share

Copy

None

Want to have your highlights saved across all your devices? Sign up or sign in

YouVersion uses cookies to personalize your experience. By using our website, you accept our use of cookies as described in our Privacy Policy