Leesplan inligting

Wegkruipplek OordenkingVoorbeeld

Hiding Place Devotional

DAG 9 VAN 10

In Stilte en Vertroue



Ons is aan-die-hardloop, rooigesig, kan-nie-nou-stop-nie mense. Ons is vrouens, ons is ma's. Die mense wat die klein mensies moet grootmaak. Ons doen wat ons glo van ons verwag word. As ons gaan sit en daar is net 'n spikkeltjie stof in sig of een vuil bord in die wasbak, dan laat ons daardie stemmetjies in ons kop toe om vir ons te vertel dat ons nie behoort te rus nie.



In Jesaja 30 praat God met die kinders van Juda. Hulle is dwaas en opstandig. Hulle soek goedkeuring op ander plekke en uit vrees draai hulle dan weg van God af. God roep hulle terug na Hom toe. Hulle leer 'n les in vertroue. 'n Les wat die kinders van God vandag nog steeds so moeilik leer. Ek stoei self daagliks met vertroue, want ek draai na my afgode en die mense in my lewe vir goedkeuring — net soos Juda gemaak het.



“So het die Here my God, die Heilige van Israel, gesê: As julle julle bekeer en tot rus kom, sal julle gered word. Julle krag lê in stil wees en vertroue hê. Maar dit wou julle nie” Jesaja 30:15.



Dit voel vir my asof die Here hierdie woorde direk vir my sê, terwyl ek agter stof spikkels wegkruip en goedkeuring soek deur te sien hoeveel mense sê dat my kinders oulik is. “Rus in My,” sê Hy. Terwyl ek nie vyf minute kan afstaan om in sy teenwoordigheid te wees nie. “Bekeer jou van sondes van die vlees,” roep Hy uit. Ek maak my sonde af as menslike natuur en val maar elke keer weer. "VERTROU MY," pleit Hy by my. My vlees wil niks daarmee te doen hê nie.



Bekeer. Rus. Stilte. Vertroue. Vertroue in God maak die siel stil en rustig. Dit bring vrede midde-in 'n storm van vrees. Vertroue in God maak dat ons ons eie planne laat vaar en die oë op Hom rig. Hy vul ons met redding en krag.



As ons verder lees in Jesaja 30, sien ons dat God sê dat Hy gretig is om ons genadig te wees. Dit is nie sommer net iets wat Hy moet doen omdat Hy God is nie. Al stel ons Hom daagliks teleur en kruip weg agter ons stof spikkels en ons vrese. Dit is tyd om ons afgode — huiswerk, om goed genoeg te probeer wees of ons met ander te vergelyk — neer te lê. Dit is tyd om werklik te vertrou op die een wat vir ons verfrissende rus bring!



Onthou net — rus in Hom beteken nie dat daar nie versteurings in jou lewe gaan wees nie; veral nie van daardie klein geraasmakers wat jy besig is om groot te maak nie. Dit maak net die geraas meer glorieryk!
Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Hiding Place Devotional

Is daar nie tye wanneer jy as 'n ma net wil wegkruip nie ... byvoorbeeld in die spens met 'n sjokolade stafie?  Weggesteek van die storms van die lewe en die gewig van verantwoordelikhede. Weggesteek van die geraas. Wegg...

More

We would like to thank Thrive Moms for providing this plan. For more information, please visit: www.thrivemoms.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid