Leesplan inligting

Wegkruipplek OordenkingVoorbeeld

Hiding Place Devotional

DAG 8 VAN 10

Die Hoop Beskaam Nie



'n Paar jaar gelede het ek 'n baie diep laagtepunt in my moederskap-reis beleef. Ons oudste kind het aan ons baie moeilike uitdagings gebied. Uitdagings wat vir my moeilik was om te verstaan en waaroor niemand vir my reguit antwoorde kon gee nie. Uitdagings wat ons gelei het na verskeie dokters en terapeutiese opsies. Te midde van dit alles was my hart stadig besig om alle hoop op te gee.



Hoop het vir my soos 'n lekkende boot geword. Die gaatjie was eers klein en onopvallend. Mettertyd het dit egter groter en groter geword — totdat ons een dag gevind het dat ons besig was om te sink. Ons het alles gedoen wat ons geglo het die gaatjie sou toe stop, maar dit was alles hopeloos ... soos 'n nat pleister wat nie wil plak nie.



Hoop is 'n moeilike ding. Jy kom nie eens agter daar is 'n gaatjie totdat jy heeltemal deurnat is nie.



Lees Hebreërs 10:23-25



Jy sien — ons het gedink ons kon dit op ons eie hanteer. Ons het gedink ons laste is te swaar, te morsig, te donker, te lastig om met enigiemand anders te deel.



Ons was so verkeerd.



Ons het gemeenskap met ander verwaarloos en ons hoop het begin wankel soos wat ons omstandighede ons rondgegooi het.



Hoop het motivering en aanmoediging nodig. Daarsonder sal hoop sink.



Die Leuenaar sal probeer om ons te laat glo dat ons reeds te diep in die moeilikheid is, te stukkend om weer heel te maak. Die Leuenaar sal ons wys maak dat ander mense nie wil nat word of besmet word deur ons gemors nie.



Die Waarheid sê egter dat hoop iets is wat die moeite werd is om aan vas te klou. Dit sê hoop is moeilik en het 'n sterk greep nodig, anders raak ons hande glibberig met die gemors van die lewe en ons laat los.



Waarheid sê dat hoop net bly vasklou wanneer ander saam met ons vashou.



God is nie gevoelloos nie. Hy staan nie met 'n emosielose gesig en gevoude arms en toekyk hoe ons seerkry nie. Hy is 'n simpatieke Vader wat sy eie Seun gestuur het om vir ons te wys hoe belangrik dit is om BY mekaar te wees. Hy het in noue gemeenskap met 12 goeie vriende geleef wat letterlik die pad saam met Hom gestap het.



God verwag nie van ons om enigsins anders te leef nie. Hy wil hê dat ons almal SAAM aan Hom vasklou. Hy weet dat Hy in al ons behoeftes voorsien. Hy weet egter ook dat, sonder mekaar, ons ons greep op hoop sal verloor.
Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Hiding Place Devotional

Is daar nie tye wanneer jy as 'n ma net wil wegkruip nie ... byvoorbeeld in die spens met 'n sjokolade stafie?  Weggesteek van die storms van die lewe en die gewig van verantwoordelikhede. Weggesteek van die geraas. Wegg...

More

We would like to thank Thrive Moms for providing this plan. For more information, please visit: www.thrivemoms.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid