Leesplan inligting

Wegkruipplek OordenkingVoorbeeld

Hiding Place Devotional

DAG 3 VAN 10

Verloor Dit







Dit is gewaarborg. Net so seker as my koppie oggend koffie (of vier), sal dit gebeur. Op presies dieselfde oomblik sal die hond blaf om uit te gaan, die kinders baklei oor 'n rooi kryt en die geroosterde kaas toebroodjies sal brand (wat die rookalarm aan die skree sal sit). Intussen is ek besig om my eie weergawe van die reëndans te doen. En dit alles gebeur terwyl ek OP. DIE. FOON. IS.



Hierdie is die wese van moederskap. Of jy nou 'n tipe A- of Z-persoonlikheid het, hierdie chaos kan jy nie ontglip nie. Dit kom saam met die posbeskrywing. Dit staan daar iewers tussen "WEES die melk fabriek" en "sing slaaptyd wiegeliedjies". O ja, daar is dit: "omhels chaos".



Die laaste ruk dink ek baie daaraan wat dit beteken om chaos te omhels.



Moet mens net 'n manier kry om dit af te lag? 'n Sin vir humor is beslis hoog op die lys van daardie posbeskrywing, maar dit gaan ook net só ver. Dit neem nie baie lank nie of my rustigheid-vanself-ontspanne-sorgelose gelag verander in iets wat meer klink na dié van die spook van Uniondale.



Indien nie humor nie, wát dan? Gee ons onsself maar net daaraan oor? Word ons self die plakkaat advertensie vir chaos, met groot, donker letters wat lees: "EK GEE OOR?” Wel, ek weet nie van jou nie, maar ek sal nie daardie plakkaat teen my muur wil hang nie.



Ons kan nie bedank uit die morsigheid van die lewe nie en ons kan dit ook nie oor die kop slaan met 'n hamer nie. Ons kan dit ook nie ignoreer nie.



Ons moet onsself oorgee aan die Een wat die volmaaktheid van die hemel verlaat het om tussen ons in die gemors te kom lewe. Die Een wat gekies het om ons chaos aan die kruis te dra.



Het die warrelwind van chaos jou gelaat in 'n geveg om jou lewe? Jy kan jouself nie red nie, vriendin. Jy is nie die held van jou verhaal nie.



Dit is tyd dat ons ons bokshandskoene uittrek, ons vuiste ontspan en oop hande omhoog lig in oorgawe aan die Redder.



Om chaos te omhels kan eenvoudig so gestel word: sê JA vir hierdie tydperk van jou lewe.

Laat jou lewe vry. Dit beteken nie dat jy jou identiteit gaan verloor nie. Om die waarheid te sê, die teenoorgestelde is waar.

Om jou lewe te verloor = om Christus s'n te verkry. Jou identiteit is verskuil in Christus en geen mate van chaos kan dit ooit van jou wegneem nie.
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Hiding Place Devotional

Is daar nie tye wanneer jy as 'n ma net wil wegkruip nie ... byvoorbeeld in die spens met 'n sjokolade stafie?  Weggesteek van die storms van die lewe en die gewig van verantwoordelikhede. Weggesteek van die geraas. Wegg...

More

We would like to thank Thrive Moms for providing this plan. For more information, please visit: www.thrivemoms.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid