Leesplan inligting

Hoe Om Te Lei Wanneer Jy Nie In Beheer Is NieVoorbeeld

Hoe Om Te Lei Wanneer Jy Nie In Beheer Is Nie

DAG 4 VAN 5

Dink Krities 


  


Om maar net te kies vir positiwiteit sal nie invloed kultiveer by jou werkgewer en die mense om jou nie. Alhoewel, `n positiewe houding gekombineer met die vermoë om krities te dink is `n kragtige kombinasie.  Kritiese denkers voeg waarde toe tot enige posisie en situasie waarin hulle hulself bevind.  Die gevaar, egter, is dat kritiese denke kan oorgaan in `n kritiese gees.  Die lyn tussen kritiese denke en `n kritiese gees is bitter fyn. 


Kritiese mense dra `n notabord saam waarop hulle ander kan gradeer, maar kritiese denkers dra `n handdoek waarmee hulle ander wil help.  As daar enige iemand is wat die reg het om ander te gradeer, is dit die perfekte, sondelose Seun van God, maar Jesus het nooit `n notabord gedra nie. Hy het `n handdoek gedra.  Jesus het nie gekom om die wêreld te veroordeel nie; Hy’t gekom om die wêreld te red.  Hy was vêr meer geïnteresseerd om ander te help as om hulle te gradeer.


So dink positief.  En wees `n kritiese denker daarby.  Wees bekend as `n waarde-toevoeger, `n probleemoplosser.  Soos wat jy die vermoë om krities te dink najaag, hou die beeld in jou gedagtes, die prentjie van Jesus op sy knieë, handdoek in die hand, besig om die vuil voete van sy naaste navolgers te was.  Die Skepper van sterre en sterrestelsels het vir ons `n prentjie gegee van wat ons die mees nodigste het — om gedien en skoongewas te word in ons hart van harte.  Jesus het vir ons gedoen wat ons die meeste nodig gehad en die minste verdien het.  Hy kon ons gegradeer het, uitgewys het waar ons misluk en die merk gemis het, maar Hy het nie. In plaas daarvan, het Hy ons bekend gestel aan die radikale konsep van diensbare leierskap deur `n handdoek te gryp en die notabord te laat val.  Om krities te dink is noodsaaklik om `n leier te word wat lei, wanneer jy nie aan die stuur is nie.  En soos wat jy leer om krities te dink, moet nooit vergeet dat die handdoek die manier is waarop God ons lei, en dat dit altyd meer kragtig is as die notabord.


1) Wat doen jy wat waarde toevoeg tot die span waarvan jy deel vorm?


2) In jou pogings om `n waarde-toevoegende, kritiese denker te wees, het enige deel van jou al sinies, negatief of pessimisties geraak? 

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Hoe Om Te Lei Wanneer Jy Nie In Beheer Is Nie

Laat jy toe dat jou gebrek aan outoriteit jou verlam? Een van die grootste mites van leierskap is dat jy in beheer moet wees om te kan lei. Goeie leiers koop dit nie. Goeie leiers lei met of sonder outoriteit en leer om ...

More

Ons wil graag die Noordpunt Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://clayscroggins.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid