Leesplan inligting

Hoe Om Te Lei Wanneer Jy Nie In Beheer Is NieVoorbeeld

Hoe Om Te Lei Wanneer Jy Nie In Beheer Is Nie

DAG 1 VAN 5

Leierskap is Invloed 


  


Maak dit van jou `n leier om in beheer te wees? Absoluut nie.  Outoriteit is nie leierskap nie. Invloed is leierskap. Alhoewel ons nie outoriteit totaal kan los maak van die leierskapsvergelyking nie, is ek oortuig dat ons nie dáár kan begin nie.  Op een stadium tydens Jesus se bediening het Hy sy navolgers gewaarsku dat hulle nie posisie moet verwar met die roeping om te lei nie.  Omdat hulle die gevaar loop om dit verkeerd te doen, maak Hy `n skielike onderskeid tussen hoe Hy wil hê hulle moet lei en die manier waarop dinge tipies in die wêreld gebeur, wanneer Hy sê: “Maar by julle moet dit nie so wees nie.” (Matt. 20:26).


Wat is die “nie so” van leierskap waarna Jesus hier verwys?  Dit is die tipe leier wat soek na outoriteit vir sy eie persoonlike gewin.  In stede daarvan, redeneer Jesus dat die beste leiers diegene is wat hulleself met Jesus se visie vir leierskap belyn, as dienaars lei, wat bewus is van hulle eie verantwoordelikheid en wat aan `n hoër roeping beantwoord.


Wil jy `n “nie so met julle” soort leier wees?  Ek hoop so.  Ek weet hoe dit lyk en voel om die “geweer” van outoriteit te gebruik om mense aan die beweeg te kry, maar Jesus vertel vir ons daar is `n ander manier - `n beter manier.  Selfs al het jy outoriteit en `n posisie van leierskap, het `n inspirerende leier nie nodig om die hefboom van outoriteit te gebruik nie.  “Nie so met julle”-soort leiers leer dat daar maniere is om invloed te kultiveer en vertroue te bou.  Jesus vertel vir ons dat dit `n meer kragtige manier is om te lei, een wat ons kan uitoefen ondanks die aan- of afwesigheid van outoriteit.


Wat doen jy om vandag invloed te kultiveer? 

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Hoe Om Te Lei Wanneer Jy Nie In Beheer Is Nie

Laat jy toe dat jou gebrek aan outoriteit jou verlam? Een van die grootste mites van leierskap is dat jy in beheer moet wees om te kan lei. Goeie leiers koop dit nie. Goeie leiers lei met of sonder outoriteit en leer om ...

More

Ons wil graag die Noordpunt Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://clayscroggins.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid