Leesplan inligting

Eva se Dogters - Lewenslesse Van Vroue in die Bybel - Deel 1Voorbeeld

Eve's Daughters - Life Lessons From Women In Scripture: Part 1

DAG 2 VAN 7

Rebekka


Ek het 'n roeping gevoel dat ek my studies moet voortsit na voltooiing van my graad. Een van my gunstelingplekke om tyd deur te bring, was in die biblioteek. In 'n stil hoekie tussen die magdom boeke ... dit was so vreedsaam. Die gedagte dat ek vir nog 'n paar jaar gaan studeer en baie tyd in die biblioteek gaan deurbring, was vir my geensins vreesaanjaend nie.



Ek het by 'n paar universiteite aansoek gedoen. Toe ek nie toelating kry by die universiteit wat my eerste keuse was nie, het ek verpletter gevoel.  Ek het vrae gehad of dit God se wil is dat ek nou verder moet studeer en of ek moet wag. Ek het maande lank gebid voor ek aansoek gedoen het, dus was ek teleurgesteld en verward. Was dit werklik God se wil dat ek by 'n ander universiteit moes studeer? Het Hy nie geweet van my begeerte na my eerste keuse nie?



Ek het geworstel met sy besluit en nog meer gebid. Toe het ek tot die besef gekom dat ek dit aan God oorgegee het en daarom sal die universiteit wat my tweede keuse was vir my aanvaarbaar moet wees. Saak afgehandel. Ongeag hoe ek voel, ek gaan by die universiteit wat my tweede keuse is inskryf omdat God my gebed verhoor het ... net op 'n ander manier as wat ek verwag het.



Rebekka was ook 'n vrou wat voor 'n keuse gestel is. Tog, anders as ek, het sy met baie meer selfvertroue gereageer, ferm en beslissend. Haar besluit het 'n impak gehad op die persoon met wie sy die res van haar lewe sou saamleef. Min het sy besef dat haar besluit uiteindelik sou lei tot die geboorte van die volk Israel.



Abraham het 'n vrou vir sy seun gesoek. Hy stuur toe sy slaaf uit, wat gedurende sy soektog baie daaroor gebid het. Uiteindelik het die slaaf by die put uitgekom waar Rebekka haar kruik kom volmaak.  



Toeval?  Nee. Goddelike voorsienigheid?  Ja.  



Toe die slaaf Rebekka se broer ontmoet, het hy in die fynste besonderhede vertel hoe God hom na daardie put gelei het en wat die doel van sy besoek is.  Nou staan Rebekka voor 'n deurslaggewende besluit. Moet sy saam met die slaaf gaan om by 'n nuwe gesin aan te sluit en met 'n man trou wat sy nog nooit ontmoet het nie?



Wat is Rebekka se besluit op die vraag of sy saam met die slaaf wil gaan?  Haar antwoord, soos beskryf in Genesis 24:58 is: “Ja”. 



Haar bereidwilligheid om saam met die slaaf te "gaan" het die gang van die geskiedenis verander. Rebekka het met Isak getrou en was die moeder van Jakob, wie se naam op 'n later stadium na “Israel” verander is.



Met watter besluite word jy gekonfronteer? Gee dit oor aan God en kyk wat Hy kan doen. Daar is geen twyfel dat die verloop van ons lewens verander sal word wanneer ons die pad volg wat Hy vir ons gekies het nie.  



~Betsy


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Eve's Daughters - Life Lessons From Women In Scripture: Part 1

Ontdek hedendaagse lewenstoepassings deur die verhale van vroue in die Ou Testament. 

Ons bedank Whispers & Fringes vir die voorsiening van hierdie plan. Vir meer inligting besoek asseblief http://whispersandfringes.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid