Leesplan inligting

Eva se Dogters - Lewenslesse Van Vroue in die Bybel - Deel 1Voorbeeld

Eve's Daughters - Life Lessons From Women In Scripture: Part 1

DAG 1 VAN 7

Eva


Net in geval jy dit nie alreeds weet nie, om met 'n slang te praat is nie 'n goeie plan nie.  Die verhaal van Adam en Eva bevestig dit.


Daar is iets anders wat ons ook in die eerste paar hoofstukke van Genesis sien. Spesifiek as ons van Eva praat: die krag van invloed.


In Genesis 3 word geopenbaar hoe maklik Eva deur die slang beïnvloed is.  Aanvanklik het dit gelyk of sy God se opdragte verstaan – moenie met die boom peuter nie. Ongelukkig, hoe meer hulle gesels het, hoe verder het Eva van God se opdrag af weggedwaal. Kort voor lank het die vyand haar gehad net waar hy haar wou hê.


Ons kan nie te krities oor Eva wees nie.  Is ons nie ook maar baie beïnvloedbaar nie? Iets wat iemand sê of nie sê nie, 'n kyk, ons emosies ... is al wat dit verg. 


Let op, so maklik as wat sy beïnvloed is, was sy ewe maklik in staat om 'n invloed te wees. Sy het eenvoudig die vrug vir Adam gegee en die mensdom is vir ewig verander. Van wat ons in die Bybel lees, was dit Adam wat die opdrag direk van God gekry het.  Dus, uiteindelik het Adam sy vrou se stem bo die stem van God gekies.


Jou invloed as 'n vrou is kragtig. Ons sien herhaaldelik voorbeelde hiervan in die Bybel … ten opsigte van goed en sleg.


Toe hy op God se tydsberekening moes vertrou, het Abram eerder Sarai se raad gevolg. Jakob het sy eie vader bedrieg as gevolg van sy moeder, Rebekka, se invloed.


Koning Ahasveros het na Ester geluister en die Joodse volk is gered. Deborah het vir Barak vergesel en 'n veldslag is gewen.


Ongelukkig is die nalatenskap van Eva dat sy  "die vrou is wat mislei is en sonde was die gevolg.”  


Wat beïnvloed ons?  Die stem van die vyand of die stem van die waarheid?  Ons eie misplaaste gevoelens of die beloftes in die Woord van God?  Ons moet ons harte en gedagtes bewaar teen negatiewe invloede.


Watter soort invloed is ons?  Ons is geroep om ons lig te laat skyn.  Ons is aangesê om ander aan te spoor tot “dade van liefde en goeie werke.”  Die invloed van Eva het gelei tot die val van die mensdom.  Ons invloed kan manne en vroue teruglei na ons Skepper wat ons vir eens en altyd van die vyand gered het.  


~Anu


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Eve's Daughters - Life Lessons From Women In Scripture: Part 1

Ontdek hedendaagse lewenstoepassings deur die verhale van vroue in die Ou Testament. 

Ons bedank Whispers & Fringes vir die voorsiening van hierdie plan. Vir meer inligting besoek asseblief http://whispersandfringes.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid