Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 1)Voorbeeld

Dag vyf: Lasarus
Moes jy al iemand aan die dood afstaan?
Stel jou voor ’n goeie vriendin bel jou. Sy klink hartseer en haar stem is dik gehuil. "My broer is siek," sê sy, "kan jy kom?"
Dit het met Jesus gebeur. Sy vriendinne Marta en Maria het Hom oor hul siek broer Lasarus ontbied, maar Hy het doelbewus gewag voor Hy gegaan het.
Toe Hy uiteindelik daar aankom, was Lasarus al vier dae dood.
Toe Jesus sien hoe hartseer hulle is, "het sy gemoed vol geskiet en was Hy aangedaan" (Johannes 11:33 AFR83). Dan lees ons in vers 35, een van die kortste verse in die Bybel: "Jesus het gehuil". Hy het nie net ’n plan gehad nie; Hy het deel geword van hul seer en so gewys dat sy liefde eg is en dat Hy omgee (empatie het).
By die graf aangekom, wys Jesus toe sy mag om lewe te gee. Hy beveel: "Lasarus, kom uit!" en Lasarus word uit die dood opgewek. Hierdie wonderwerk het ’n voorsmakie gegee van sy eie opstanding, waar Hy God se liefde vir die wêreld geword het.
Jesus se trane wys vir ons hoe liefde lyk. Deur Lasarus op te wek, het Hy liefde in aksie gewys. Sy liefde is sterker as die dood — Hy het die krag van God geword. Sy liefde bring nuwe lewe. En hier is die beste nuus: jy kan hierdie nuwe lewe by ander mense uitbring. Dit word moontlik gemaak nie deur ons eie krag nie, maar deur die krag van die Heilige Gees in ons.
Ons kan mense moed inpraat in hopelose situasies en God se waarheid met hulle deel. Ons kan met God saamwerk om mense rondom ons geestelik weer lewend te maak. Wat jy in Jesus gesien het — sy diep, liefdevolle omgee en sy krag om nuwe lewe te bring — is nou in jou!
In Johannes 11:44 (AFR83) lees ons die volgende: “Maak hom los dat hy kan huis toe gaan.”
Hoe gaan jy hierdie week met deernis (empatie) tot iemand anders se hartseer of moeilike situasie toetree en wat gaan jy spesifiek doen om die opstandingshoop wat jy het, na hulle toe te vat?
------------------------------------
Ons hoop jy het Becoming Love (Deel 1) geniet. Dit is ’n reeks in vier dele, en ons wil jou aanmoedig om aan te gaan met Deel 2. Soek dit in die toep en ontdek verder hoe jy kan beweeg van liefde as ’n aksie na om liefde te word.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die Christelike lewe gaan nie net daaroor om die waarheid te ken nie, maar om waarheid in aksie te word — mense deur wie die liefde van God sigbaar word in ons wêreld. Hierdie reis begin wanneer ons God se liefde persoonlik ontvang en toelaat dat sy Gees ons harte vorm, ons denke vernuwe en ons lewens in lyn bring met sy doel. In hierdie leesplan gaan ons saam ontdek wat dit beteken om liefde te word. Let wel: hierdie leesplan is Deel een van 'n vierdelige leesplan.
More
Ons wil graag Doxa Deo bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.doxadeo.org
Verwante Leesplanne

Leef Vervuld - 'n Reis deur Kolossense

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 4)

Follow, Fellowship, Fish

Ek volg Jesus

Ons wag op 'n redder

Advent: Hy Spreek Sy Vrede Oor Sy Mense Uit

Geroep deur God

Becoming Love: As ons by Volbring begin, waar eindig ons? (Deel 2)

Onbeperkte Liefde
