Advent: Hy Spreek Sy Vrede Oor Sy Mense UitVoorbeeld

Advent: Hy Spreek Sy Vrede Oor Sy Mense Uit

DAG 2 VAN 3

Ons kyk terug en ons kyk vorentoe

Dink oor die verlossingsgeskiedenis van die volk Israel. Psalm 85 is waarskynlik geskryf na die ballingskap toe die geloofsgemeenskap kon terugkyk na hulle wonderlike redding. Hulle is dankbaar en loof God vir die wonderlike redding wat hulle beleef het. Die ballinge het teruggekeer maar die volk het vinnig weer bewus geraak daarvan dat hulle redding nodig het.

Ons sien dit in Jesaja 59, Haggai 1:5-11, Sagaria 1:12. Verlossing het gekom, maar die behoefte aan verlossing bly steeds.

Waar sien jy vandag dat die verlossing gekom het maar dat verlossing steeds nodig is? Dalk in die politiek, die ekonomie, jou gemeenskap of selfs jou kerk? Bid dat die verlossingsbeloftes oor Suid-Afrika weer sal herleef! Want net Jesus kan ons perspektief weer herstel en ons weer heelhartig op God laat fokus.

Aangaande hierdie leesplan

Advent: Hy Spreek Sy Vrede Oor Sy Mense Uit

In Psalm 85 lees ons dat God sy mense seën en vrede oor hulle uitspreek. Tydens hierdie 3-dag-leesplan ontdek jy weereens hoe Jesus hierdie belofte van seën en vrede vervul in die koms van Jesus Christus.

More

Ons wil graag Robertson Moedergemeente bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.facebook.com/RsonMoeder