Waarom Ek GloVoorbeeld

Waarom Ek Glo

DAG 3 VAN 11

Nr. 2B – Wat nie-Christene van Jesus gesê het

Ek bou nie die fondament van my geloof op wat nie-Christene van Jesus sê nie. Tog is dit interessant om te sien wat sommige bekende nie-Christelike geleerdes, wetenskaplikes, skrywers en leiers oor Hom gesê het.

  • Ernest Renan (1823–1892, Franse Historikus en Godsdiensfilosoof):
    “Die hele geskiedenis is onverstaanbaar sonder Christus. Die hele geskiedenis loop na Hom toe... Wat ook al die verrassings van die toekoms mag wees, Jesus sal nooit oortref word nie” (Vie de Jésus, 1863.)
  • Sholem Asch (1880–1957, Joodse Skrywer en Dramaturg):
    “Jesus Christus is vir my die uitstaande persoonlikheid van alle tye, alle geskiedenis, beide as Seun van God en as Seun van die mens. Alles wat Hy ooit gesê of gedoen het, het vandag nog waarde vir ons, en dit kan jy van geen ander mens, lewend of dood, sê nie. Geen ander mens kan aan Jesus Christus raak nie” (The Nazarene, 1939).
  • Mahatma Gandhi (1869–1948, Politieke Leier, Indië):
    “’n Man wat volkome onskuldig was, het Homself as ’n offer aangebied tot voordeel van ander, insluitend sy vyande, en het die losprys van die wêreld geword. Dit was ’n volmaakte daad” (Young India, 1927).
  • Napoleon Bonaparte (1769–1821, Franse Keiser):
    “Ek ken mense, en ek sê vir jou Jesus Christus is nie ’n blote mens nie. Oppervlakkige mense sien ’n ooreenkoms tussen Christus en die stigters van ryke of die gode van ander godsdienste; daardie ooreenkoms bestaan nie ... Alexander, Caesar, Karel die Grote, en ek het ryke gestig. Maar waarop berus die genialiteit van dit wat ons geskep het? Op mag. Jesus Christus het sy ryk op liefde gevestig, en selfs in hierdie uur sal miljoene mense vir Hom sterf” (Anecdotes of Napoleon Bonaparte and His Times, 1822).
  • Will Durant (1885–1981, Historikus en Filosoof):
    “Die grootste vraag van ons tyd is of die mens kan leef sonder God. Jesus is die mees buitengewone figuur in die geskiedenis, bloot omdat sy invloed vir twee duisend jaar voortgeduur en verdiep het” (The Story of Civilisation, 1944).
  • H.G. Wells (1866–1946, Historikus en Skrywer):
    “Ek is ’n historikus, ek is nie ’n gelowige nie. Maar hierdie armlastige prediker van Nasaret is onherroeplik die middelpunt van die geskiedenis. Jesus Christus is maklik die mees oorheersende figuur in die geskiedenis” (Outline of History, 1920).

Aangaande hierdie leesplan

Waarom Ek Glo

Op een of ander stadium in jou lewe sal iemand vir jou vra: "Waarom glo jy?" En as iemand anders dit nie vir jou vra nie, kom die meeste van ons by die punt waar ons vir onsself vra: "Waarom glo ek?" Hierdie leesplan wil jou help om baie eenvoudig vir jouself te formuleer waarom jy glo.

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: disciple4.com