Leesplan inligting

Met ’n Lied In Die HartVoorbeeld

Met ’n Lied In Die Hart

DAG 4 VAN 7

“Leef vandag voluit”

 

Het jy ook al aan die einde van ’n dag gewonder waar die dag heen is? Dit voel soms vir my of ek ’n dag verloor het met my besig-wees. 

Die Prediker sê vir ons in Prediker 3 dat elke ding ’n vaste tyd het. Jy word gebore op ’n sekere tyd en dan sterf jy wanneer jou lewe verby is. Niemand van ons weet wanneer ons gaan sterf nie; daarom moet jy elke dag voluit lewe. 

Elke nuwe dag is ’n geskenk uit die Here se hand. Ons moet daarom voluit leef om elke dag tot eer van die Here te gebruik. Ons moet as’t ware leef asof elke dag ons laaste dag op aarde is. 

Gebruik vandag om goed te doen. Bel daardie vriendin aan wie jy al so lank dink. Gesels en bemoedig haar deur vir haar te bid. Stuur ’n SMS aan iemand wat jou ondersteuning nodig het. Gee ’n pakkie kos aan die karwag wat jou motor opgepas het en laat hom dans van vreugde oor die geskenk. Sing ’n loflied vir die Here vir al die mooi dinge in jou lewe. Sit vanaand ’n blommetjie op die tafel as jy dek en gedenk die mooi van die lewe.

Wees opgewonde, want vandag is die dag wat die Here vir jou gegee het. Jy gaan die uitdeler wees van klein bekertjies genade. Jy gaan vandag die hoop wees vir iemand wat hoop verloor het. Jy gaan vandag Jesus wees vir iemand.

GEBED: Here, ek loof U vir vandag. Dankie dat ek voluit kan lewe en U eer in hierdie dag! Amen.

 

Hierdie oordenking is geneem uit MET ’N LIED IN DIE HART deur Marietjie Joubert © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Met ’n Lied In Die Hart

Voel jou lewe vaal, uitsigloos en vervelig? Het jou lewenslied verdwyn of is die note daarvan net ’n eentonige getokkel? Kom ontdek weer jou lewenslied vol vreugde en dans in God se lig van liefde en verlossing. Hierdie ...

More

Ons wil graag Marietjie en Joubert Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid