Leesplan inligting

Met ’n Lied In Die HartVoorbeeld

Met ’n Lied In Die Hart

DAG 2 VAN 7

 “Waar die hart van vol is”

 

Ek het al so baie gewonder hoe verander ’n mens iemand se storie. Mense wat swaarmoedig is, vertel vir jou hoe swaar die lewe is en dié wat met vreugde lewe, vertel vir jou van hulle dankbaarheid en vreugdes. Hoe verander jy dit? Hoe help jy ’n depressiewe persoon om meer positief te dink en te praat?

Ons lees in Lukas wanneer goeie dinge in jou lewe gebeur, loop jy daarvan oor. Goeie dinge gebeur ook nie net sommer nie. Goeie dinge in die lewe getuig van ’n lewe wat gegrondves is in die Here. As die Here jou kompas is en jy graag reg wil lewe voor Hom, is jy op die regte pad. Hierdie pad kom nie vanself nie. Dis ’n pad van toewyding aan die Here. Dan is jy getrou in jou verhouding met Hom. Jy lees elke dag jou Bybel en jou stiltetyd is ’n belangrike deel van jou elkedagse lewe. Dan is jou gebedslewe mooi op koers en wonderlike tye waaruit jy krag put.

As hierdie dinge geen bestaansreg in jou daaglikse omgang met die Here het nie, loop dinge verkeerd. As die Here jou laaste prioriteit is en jy te besig is om ’n goeie verhouding met Hom te hê, gaan jy ontspoor en verkeerde besluite neem. Wees versigtig vir die afdraaipaaie van die lewe. Hulle lyk aanloklik, maar is gevaarlik.

Herstel jou verhouding met die Here en gaan sit by sy voete. Moenie dat die slegte die oorhand kry in jou lewe nie. Voor jy jou kom kry, sluk dit jou in en oorheers jou lewe. 

Laat jou hart oorloop van die Here se goeie dinge. As dit tans nie goed gaan met jou nie, soek na die klein dingetjies en getuig daaroor. As jou hart vol is van die Here sal dit jou getuienis word.

GEBED: Here, my hart jubel oor elke goeie ding in my lewe. Amen.

 

Hierdie oordenking is geneem uit MET ’N LIED IN DIE HART deur Marietjie Joubert © Christelike Uitgewersmaatskappy.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Met ’n Lied In Die Hart

Voel jou lewe vaal, uitsigloos en vervelig? Het jou lewenslied verdwyn of is die note daarvan net ’n eentonige getokkel? Kom ontdek weer jou lewenslied vol vreugde en dans in God se lig van liefde en verlossing. Hierdie ...

More

Ons wil graag Marietjie en Joubert Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid