Leesplan inligting

’n Dankbare HartVoorbeeld

’n Dankbare Hart

DAG 1 VAN 5

“Geroep tot goeie dade”




Waar Jesus ook al op aarde gegaan het, het Hy die dinge gedoen waarvoor sy Vader Hom bestem het. God plaas jou ook hier op aarde om sy koninkryk uit te brei, om sy blye boodskap te verkondig, om goeie dinge aan ander te doen en hulle tot geloof te lei.


Ongelukkig tel jou eie goeie werke geen punte by Hom nie. Jy word nie verlos ómdat jy goeie dinge doen nie, maar alleen uit genade. Maar noudat jy verlos is, behoort jy uit dankbaarheid vir jou verlossing goeie dinge te dóén sodat mense wat na jou lewe kyk en jou goeie dade raaksien, vir God daarvoor sal verheerlik. Jy behoort ook na jou medegelowiges om te sien, hulle te help en ander Christene aan te spoor om dieselfde te doen.


Mag Matteus 5:16 algaande, al hoe meer in jou lewe gestalte aanneem, sodat al die mense wat na jou “goeie werke” kyk, die eer daarvoor aan God sal gee.


GEBED: Here Jesus, help my om goeie dinge aan ander te doen, op so ’n manier dat mense wat na my kyk die eer daarvoor aan U sal gee. Amen.




Hierdie oordenking is geneem uit GESKENK VAN GENADE deur Nina Smit.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

’n Dankbare Hart

“Dankie” is so ’n klein woordjie, maar kan so ’n groot impak hê. Sê ons genoeg dankie vir wat mense vir ons doen? Sê ons genoeg dankie vir God? Hierdie 5-dag leesplan oor dankbaarheid is ’n samestelling van dagstukkies d...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid