Leesplan inligting

Geroep om te SkepVoorbeeld

Called To Create

DAG 5 VAN 5

Arthur Guinness


Die afgelope vier dae het ons gekyk hoe om ons werk as entrepreneurs en skeppers nie as ‘n manier te sien om roem en rykdom te verkry nie, maar hoofsaaklik as ‘n manier om ons skepper God te verheerlik en om ander mense lief te hê en te dien. Vandag ondersoek ons die "werklike doel" van ons werk. As ons glo dat dit God is, en nie ons nie, wat rykdom genereer (Deuteronomium 8), is Hy die ware eienaar van enige oorvloed wat ons persoonlike of korporatiewe finansies te beurt val. Om aan sy opdrag gehoorsaam te wees om iets te skep, moet ons daardie middele gebruik vir dit wat in sy plan is.


Die lewe van Arthur Guinness wys vir ons dat dit ook vrygewigheid insluit. Dit wat God aan ons toevertrou het, moet ons vrylik met ander deel. Te dikwels dink ons as Christene, dat die uitsluitlike  doel van wins is om dit weg te gee. Dit kan lei tot onbybelse denke, dat slegs sendelinge, kerke en nie-winsgewende organisasie die "ware werk" doen waarvoor ons geld skenk. Guinness het die bybelse waarheid verstaan dat dit nie die geval is nie. Dit het meegebring dat hy groot geld in sy brouery belê het as ‘n manier om sy werkers goedgesind te wees en die evangelie deur woord en daad te versprei.


Een biograaf het van Guiness geskryf: "[Guinness] het na die armes omgesien, hospitale opgerig en sy maatskappy so bedryf dat hy as radikaal beskou was — hy het 20% meer aan salarisse uitbetaal … en voordele aan sy werkers verskaf wat vandag vir Microsoft en Google ‘n uitdaging sal wees. As jy in 1928 vir Guiness gewerk het, sou jy 24-uur mediese sorg gekry het. Jy sou ‘n spaarplan en huislening gehad het wat jou in staat sou stel om ‘n huis te koop. Jou begrafnis onkostes sou betaal word. Jy sou nie enige bydrae hoef te maak tot jou pensioenfonds nie. Jou kinders se skoolgelde sou betaal word, en dalk selfs jou eie studies."


Arthur Guinness is een van die mees suksesvolle Christen entrepreneurs van alle tye. Maar hy het nie die "uitsluitlike doel" van hierdie onderneming gesien as ‘n manier om rykdom vir homself op te gaar nie. Hy is deur die evangelie verander, en het verstaan dat sy werk ‘n roeping van God was en dat hy daarom geroepe was om iets te skep — sy werk was nie sy eie nie. Hy het sy brouery opgeoffer om iets tot die verheerliking van God en die voordeel van ander te skep.


Het die Here jou sekere passies en talente gegee om nuwe dinge te skep? Verwelkom daardie geskenke en lê dit aan die voete van die skepper God, as ‘n offerande van aanbidding en diens. Net dan sal jou werk soos ‘n roeping voel. Net dan sal jy die roeping najaag om iets te skep.


Indien jy hierdie leesplan geniet het, sal jy ook van my weeklikse oordenking hou, wat jou help om die evangelie met jou werk in verband te bring. Teken hier in .


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Called To Create

Ondernemingsgees en kreatiwiteit kan op 'n kragtige wyse gebruik word om God te vereer, ander lief te hê en hul aan te spoor om dissipels van Jesus Christus te word. In hierdie vyf-dag leesplan, gaan jy die Woord lees as...

More

Ons dank aan Baker Books en Jordan Raynor wat hierdie leesplan beskikbaar gestel het. Vir meer inligting, besoek asb: http://www.jordanraynor.com/ctcplan/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid