Leesplan inligting

Moenie Alleen Anders Wees NieVoorbeeld

Don’t Be Different Alone

DAG 1 VAN 5

Waarom anders wees?


Wat dink jy beteken dit om anders te wees? Dalk voel dit vir jou baie vreemd en ongemaklik. Hoekom anders wees as jy net kan optree, doen, sê en dieselfde dinge aanlyn kan plaas soos al die ander? Dit is baie makliker om normaal te wees. Trouens, as jy dink aan mense wat anders is, dink jy gewoonlik aan die kinders wat afgeknou word. Waarom sou jy dan anders wou wees? Hiervoor: daar is niks verkeerd daarmee om normaal te wees nie, tensy jy geroep word om anders te wees. As 'n volgeling van Jesus is ons almal geroep om anders te wees. 


Wat beteken dit dus om anders te wees? Dit is nie wat jy gedink het nie. Om anders te wees, gaan nie daaroor om so op te tree om aandag te trek nie. Dit is nie om jou hare blou te kleur, neus- of oorringe te dra, of probeer om uit te staan in 'n skare nie. Daardie dinge is anders, maar dit is nie die soort anders wat ons geroep word om te wees nie. 


Wat as daar 'n ander soort anders was? 'n Goeie tipe anders? Jesus was so 'n goeie tipe van anders. Hy was regtig anders, en mense het daarvan geweet. Die woord het deur die hele Israel versprei oor Hom en die dinge wat Hy gedoen het! Hy het mense links en regs genees, met vroue gepraat en selfs met sondaars gemeng. Jesus was anders. Hy het nie sy oortuigings of sy doel in die gedrang laat kom nie, maar Hy het altyd liefde aan mense betoon. 


Dit is die soort anders wat ons geroep word om te wees. Ons word geroep om anders te leef deur ander voor onsself te stel, ons ouers te gehoorsaam wanneer dit makliker is om hulle te ignoreer en ander te behandel soos Jesus hulle sou behandel. 


Wat is 'n paar maniere hoe jy kan begin om hierdie goeie tipe van anders te wees soos wat Jesus was? Dit hoef nie iets absurd te wees nie. Miskien beteken dit vir jou om meer aangenaam te wees teenoor jou broers en susters of om meer mense uit te nooi om middagete saam met jou te geniet. Of miskien beteken dit om jou vriende te nooi om saam met jou kerk toe te kom! Wat dit ook al is, hierdie klein veranderinge lei tot andersoortige resultate. 


Uitdaging: Vind een ding wat jy hierdie week kan doen om jou gesin te dien. 


Aangaande hierdie leesplan

Don’t Be Different Alone

As volgelinge van Jesus word ons geroep om anders te wees. Maar wat beteken dit regtig? Hoe doen ons dit? Gedurende hierdie 5-dag leesplan sal ons ondersoek hoe dit lyk om anders te wees en hoe om nie alleen anders te we...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid