Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Huwelik, Reinheid en SeksualiteitVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Huwelik, Reinheid en Seksualiteit

DAG 6 VAN 6

Aanhalings oor die huwelik

Hier volg twee Skrifgedeeltes oor die huwelik om na te dink:

Spreuke 5:18: "Sing die lof van jou eie fontein, verheug jou oor jou eie vrou."

Prediker 9:9a: "Geniet die lewe met die vrou wat jy liefhet, dié lewe wat tot niks kom nie, maar wat God jou in hierdie wêreld gegee het, die hele lewe wat tot niks kom nie ..."

Ander nuttige aanhalings:

"Die huwelik moet gebou word op dieselfde bloudruk waarop Jesus sy verbondsverhouding baseer met sy verlostes, die kerk" (Wayne Grudem).

"Die huwelik vereis ‘n unieke verhouding en daarom word dit deur die Skrif as 'n verbond beskryf" (Dennis Rainey).

"Reinheid het altyd ‘n prys, maar onreinheid het ‘n groter prys" (Anoniem).

"God het die huwelik ontwerp sodat seksuele vervulling daar alleen gevind sal word" (Elizabeth Elliot).

"Seks is soos ‘n tiran. Hy eis alles, maar gee niks nie" (Elizabeth Elliot).

"Ek het al baie huwelike gesien, maar nooit een wat ten volle versoenbaar is nie. Die doel van die huwelik is om onmiddellik deur onversoenbaarheid te veg en dit te oorwin wanneer dit terughoudend word" (G.K. Chesterton).

"God het die huwelik ingestel. Dit is nie ‘n uitvindsel van ‘n kerklike sinode of ‘n sub-komitee van die regering nie. Dit is ‘n begrip wat sy oorsprong in die hemel het en daarom is dit heilig."

"Huwelik is nie ‘n naamwoord nie, maar ‘n werkwoord. Dit is nie iets wat jy kry nie. Dit is iets wat jy doen. Dit is die manier waarop jy jou huweliksmaat elke dag liefhet" (Barbara de Angelis).

"‘n Goeie huwelik is nie iets wat jy êrens vind nie, dit is iets wat jy maak" (Gary Thomas).

"Daar is geen uitdaging vir, of aanslag op julle huwelik, wat sterk genoeg is om dit te vernietig nie, solank as wat julle albei gewillig is om op te hou om mét mekaar te veg en eerder vir mekaar te veg" (Dave Willis).

Gehoorsaamheid: Wat is daar wat onmiddellik in jou huwelik moet verander?

Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Huwelik, Reinheid en Seksualiteit

Huwelike is onder geweldige druk. Baie mense skei en van die meeste redes is 'n onwilligheid om te vergewe. Die huwelik het 'n kontrak geword en word nie meer as 'n verbond voor God hanteer nie; God se riglyne word dus n...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid