Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Huwelik, Reinheid en SeksualiteitVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Huwelik, Reinheid en Seksualiteit

DAG 1 VAN 6

Voorstel

1.Vra drie vriende of vriendinne om met hierdie leesplan by jou aan te sluit (vier in 'n groep — mans en vroue in afsonderlike groepe).

2. Almal behandel die leesplan op hulle eie.

3. Kom dan bymekaar na voltooiing van die leesplan en bespreek wat julle ontdek of geleer het.

4. Oorweeg om al 25 leesplanne in hierdie reeks as groep saam te behandel.

5. Hierdie is Nr.21 in ‘n reeks van 25 Bybelstudies.

6. Watter ander persoon of persone dink jy sal by hierdie leesplan baat vind? Maak kontak en moedig hulle aan om dieselfde leesplan saam met 'n groep van vier te behandel.

7. Hierdie leesplanne sal jou help om te groei en uiteindelik 'n dissipelmaker te word — iemand wat dissipels van nuwe bekeerlinge en ander Christene kan maak.

Wat Jesus gesê het oor die huwelik, reinheid en seksualiteit

Die Skrifgedeeltes waarop gefokus word: Matteus 19:4-9 en Maleagi 2:14.

Besin oor hierdie Skrifgedeeltes aan die hand van drie vrae:

1. Wat leer ons van God in hierdie gedeeltes? (Hoe openbaar God Homself aan my: Wie Hy is, sy karakter, werke, bevele, beloftes?)

2. Wat leer ons van onsself en ander mense uit hierdie Skrifgedeeltes? (Wat verwag God van my volgens hierdie gedeeltes – bv. om te vergewe, te groei in my verhouding met Hom, gehoorsaam te wees, en in ‘n verhouding met Hom te leef? Wat moet in my lewe verander? Wat is my verantwoordelikhede?)

3.‘ n Baie sinvolle vraag om te vra, is: Waarom dink jy is hierdie gedeeltes in die Bybel?

Van inligting tot gehoorsaamheid: Omdat dit God is wat hier praat, moet ons reageer.

Hoe kan ek dit wat ek uit hierdie gedeeltes ontdek het, in my lewe integreer?

Hoe moet ek God gehoorsaam?

Wat en waaroor kan ek vanuit hierdie Skrifgedeeltes bid?

Wat voel ek vra die Heilige Gees van my om te doen?

Is daar iets wat in my lewe moet verander in die lig van hierdie Skrifgedeeltes?

Wat is daar wat ek in die komende week moet doen na aanleiding van my bestudering van hierdie Skrifgedeeltes?

Hoe kan ek 'n seën wees vir ander mense om my?

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Huwelik, Reinheid en Seksualiteit

Huwelike is onder geweldige druk. Baie mense skei en van die meeste redes is 'n onwilligheid om te vergewe. Die huwelik het 'n kontrak geword en word nie meer as 'n verbond voor God hanteer nie; God se riglyne word dus n...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid