Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Huwelik, Reinheid en SeksualiteitVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Huwelik, Reinheid en Seksualiteit

DAG 4 VAN 6

Beskerm jou huwelik

Ons het reeds verskeie fasette van die huwelik behandel, soos ons dit in Jesus en Paulus se onderrig sien. Hier is nog 'n paar fasette van die huwelik soos dit in die Nuwe Testament beskryf word.

1. Die nadelige uitwerking van die verbrokkeling van die huwelike in ons huidige samelewing kan nie oorbeklemtoon word nie. "Die huwelik is nie 'n liberale of konserwatiewe saak nie. Dit is 'n allesomvattende verhouding wat histories deur byna alle samelewings verstaan word as 'n eksklusiewe en permanente verbintenis tussen 'n man en 'n vrou" (Tim Keller).

2. Bybelse huwelike is gebou op wedersydse respek en selfopofferende liefde — soos die liefde van Christus wat Hom sy lewe gekos het (Efesiërs 5:21-25). Die huwelik word 'n veilige plek wanneer daar selfopofferende liefde en wedersydse respek is — en wanneer ons besluit om mekaar herhaaldelik te vergewe.

3. Van Genesis tot Openbaring is daar voortdurend waarskuwings oor onsedelikheid en onreinheid teenoor getrouheid en reinheid. Hebreërs 13:4 sê: "Die huwelik moet deur almal eerbaar gehou word. Wees in die huwelikslewe getrou aan mekaar, want ontugtiges en egbrekers sal onder die oordeel van God kom." Elizabeth Elliot stel dit so: "Reinheid beteken dat jy weier om na die vlak van die diereryk te daal."

Die huwelik speel 'n baie belangrike rol in die samelewing. 'n Sekulêre studie wat die val van 83 samelewings deur die geskiedenis ondersoek het, het bevind dat die verbrokkeling van die beginsel van die huwelik, die een gemeenskaplike faktor is wat by almal voorgekom het.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Huwelik, Reinheid en Seksualiteit

Huwelike is onder geweldige druk. Baie mense skei en van die meeste redes is 'n onwilligheid om te vergewe. Die huwelik het 'n kontrak geword en word nie meer as 'n verbond voor God hanteer nie; God se riglyne word dus n...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid