Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor Geestelike OorlogvoeringVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Geestelike Oorlogvoering

DAG 5 VAN 6

Onderskei tussen die stem van die Heilige Gees en die stem van die Satan

Die volgende riglyne sal jou help om die stem van die Heilige Gees van die stem van die Satan te onderskei. Om die karakter van God se koninkryk en die karakter van die koninkryk van die Bose te vergelyk, help baie om die stem van God te onderskei.

Jesus sê in Johannes 10:27: "My skape luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My." Deur die Heilige Gees en ons kennis van die Skrif sal ons die waarheid ken en kan onderskei. Elke openbaring en "stem" moet in lyn wees met die Skrif. Onthou: Waarheid is in Jesus as die Waarheid, die weg is in Jesus as die Weg, en die lewe is in Jesus as die Lewe (Johannes 14:6).

Die stem Heilige Gees is binne jou – sy stem is soos ‘n sagte influistering om jou te lei en by te staan, terwyl die stem van die Satan van "buite" is, beskuldigend is en jou probeer dwing om dinge te doen, selfs teen jou wil.

Wanneer die Heilige Gees met jou praat, sal Hy jou genoeg tyd gee om te besluit en te toets wat jy hoor, teenoor die Satan wat jou sal probeer dwing om gou te maak en vinnige besluite te neem.

Die Heilige Gees sal jou lei in lyn met die Skrif, teenoor die Satan wat sal probeer om jou op jou emosies te laat reageer, ongeag wat die Bybel sê.

Die Heilige Gees gebruik ons intellek (rede), emosies en die waarhede van die Bybel om ons te lei, teenoor die Satan wat ons sal probeer manipuleer om sekere dinge te doen, selfs al is dit nie logies of in lyn met die Skrif nie.

Wanneer die Heilige Gees praat, is daar 'n keuse en Hy soek jou samewerking, teenoor die Satan wat sal probeer om jou te dwing, jou probeer intimideer en skuldig te laat voel om jou sodoende sover te kry om tot aksie oor te gaan.

Dit is noodsaaklik om te verstaan dat die Heilige Gees jou van sonde sal oortuig, maar Hy sal altyd vir jou wys op Jesus wat klaar vir sonde betaal het en dat vergifnis moontlik is, teenoor die Satan wat jou sal beskuldig en veroordeel sonder enige moontlikheid om van jou sonde vrygespreek te word en jou sodoende in wanhoop probeer dompel.

Die Heilige Gees inspireer, soek ons samewerking en lei ons, maar die Satan probeer ons intimideer, manipuleer en beheer.

Die Heilige Gees wys vir ons ons waarde as kinders van God, teenoor die Satan wat probeer ons te laat glo dat ons waardeloos is en dat God nie vir ons omgee nie.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Geestelike Oorlogvoering

Daar is baie vrae oor die geestelike stryd teen die Bose. Mense wil weet hoe om die Bose teen te staan en hoe om te weet wanneer dit hy is wat ons aanval. Hierdie leesplan fokus daarop om eenvoudige riglyne te gee oor ho...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid