Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor Geestelike OorlogvoeringVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Geestelike Oorlogvoering

DAG 4 VAN 6

Hoe om staande te bly en die Satan en sy demoniese magte te oorwin

Bestudeer Efesiërs 6:10-18 noukeurig.

Efesiërs 6:10: "Soek julle krag in die Here en in sy groot mag" — (ons lewens is saam met Christus verborge in God – Kolossense 3:3).

Efesiërs 6:14: "Staan dan vas, toegerus met die waarheid as gordel." — Ons moet onsself met die waarheid omgord. Jesus is die Waarheid. Die Heilige Gees is die Gees van waarheid. Ons moet die waarheid van die kruis sowel as die waarheid en werklikheid van die opstanding verstaan. Die waarheid is nodig om ons te help om staande te bly.

Efesiërs 6:14: "Die borsharnas van die vryspraak deur God" — Jesus is die Regverdige en het ons regverdig gemaak deur sy bloed. Ons moet lewe met die wete dat God ons vrygespreek het en die straf vir ons sonde weggeneem het. Hierdie kennis help ons om nie mislei te word deur die bose nie.

Efesiërs 6:15: "En die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan julle voete." — Dit beteken 'n gereedheid om die evangelie te gaan deel. Baie is nie bereid nie en begin om lewens van gemak te lewe en later draai alles net om hulleself. Hierdie tipe leefstyl stel ‘n mens oop vir baie versoekings en baie mense se harte word koud.

Efesiërs 6:16: "Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê, want daarmee sal julle al die brandpyle van die Bose kan afweer." — Ons geloof is in die Here Jesus Christus – die Oorwinnaar. Deur geloof beweeg ons vorentoe. Deur geloof weerstaan ons die duiwel en raak ons betrokke by die werk van die koninkryk van God, en op hierdie manier sal ons altyd die vooruitgang van die koninkryk van God sien.

Efesiërs 6:17: "En neem die helm van verlossing." — Ons moet ons verstand, gedagtes en redenasies hiermee beskerm: ons is gered, verlos van ons sonde en versoen met God. Dit kan die duiwel nooit van ons wegneem nie (1 Petrus 1:3-4).

Efesiërs 6:17: "En die swaard van die Gees, dit is die woord van God.: — Deur die Woord van God leer ken ons sy beloftes, ontvang ons leiding, waarsku die Heilige Gees ons, ontvang ons die opdragte van die Here, leer ons watter sondes om te vermy en help die Gees ons om staande te bly maar ook vorentoe te beweeg.

Efesiërs 6:18: "Bid te alle tye in die Gees, met elke soort gebed en smeking." — In gebed het ons direkte toegang tot God die Vader en die leiding van die Heilige Gees. Dit is in gebed dat God ons sal lei, waarsku en versterk. In gebed kom die Heilige Gees en verduidelik Hy aan ons al die dinge wat ons moet weet.

Deur hierdie geestelike wapenrusting geestelik “aan te trek”, word ons ten volle beskerm om staande te bly teen elke aanslag van die Bose.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Geestelike Oorlogvoering

Daar is baie vrae oor die geestelike stryd teen die Bose. Mense wil weet hoe om die Bose teen te staan en hoe om te weet wanneer dit hy is wat ons aanval. Hierdie leesplan fokus daarop om eenvoudige riglyne te gee oor ho...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid