Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor Geestelike OorlogvoeringVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Geestelike Oorlogvoering

DAG 2 VAN 6

Jou gesag in Christus Jesus

Lees Efesiërs 1:19 – 2:7

Dit is een van die merkwaardigste gedeeltes in die Nuwe Testament. Bestudeer dit asseblief met baie sorg.

Beantwoord die volgende vrae:

Efesiërs 1:19-20 – Wie het Jesus uit die dood opgewek? Hoe word hierdie krag beskryf?

Efesiërs 1:20 – Waar sit Jesus nou?

Efesiërs 1:20-23 – Skryf vyf dinge neer wat Jesus se huidige posisie beskryf.

Efesiërs 2:1-3 – Hierdie gedeelte trek 'n parallel tussen die dood van Jesus en ons geestelike dood. Behalwe dat Jesus geen sonde gehad het nie.

Efesiërs 2:4-6 – Hoe het ons situasie van geestelike dood verander?

Efesiërs 2:6 – Wat is ons geestelike posisie nou? Hoe hou dit verband met die werklike geestelike posisie van Jesus soos beskryf in Efesiërs 1:20-23?

Jy moet die Heilige Gees vra om jou insig te gee. Ons geestelike posisie in Efesiërs 2:6 kan beskryf word as ‘n geestelike gesagsposisie..

Dit is 'n posisie in Christus – jy hoef nie daarvoor te werk nie. Dit word aan jou gegee. Jy het dit nodig vir jou stryd teen die magte van die duisternis.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Geestelike Oorlogvoering

Daar is baie vrae oor die geestelike stryd teen die Bose. Mense wil weet hoe om die Bose teen te staan en hoe om te weet wanneer dit hy is wat ons aanval. Hierdie leesplan fokus daarop om eenvoudige riglyne te gee oor ho...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid