Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Armes, Behoeftiges en BarmhartigheidVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Armes, Behoeftiges en Barmhartigheid

DAG 1 VAN 5

Voorstel

1.Vra drie vriende/vriendinne om hierdie leesplan saam met jou te doen (vier in 'n groep — mans en vroue in afsonderlike groepe).

2. Almal doen die leesplan op hulle eie.

3. Kom bymekaar na voltooiing van die leesplan en bespreek wat julle ontdek/geleer het.

4. Oorweeg om al 25 leesplanne in hierdie reeks as groep saam te doen.

5. Hierdie is Nr.23 in ‘n reeks van 25 Bybelstudies.

6. Watter ander persoon of persone dink jy sal by hierdie leesplan baat vind? Maak kontak en vertel hulle daarvan en moedig hulle aan om dieselfde leesplan saam met 'n groep van vier te doen.

7. Hierdie leesplanne sal jou help om te groei en uiteindelik 'n dissipelmaker te word — iemand wat dissipels van nuwe bekeerlinge en ander Christene kan maak.

Wat Jesus gesê het oor die versorging van die armes en behoeftiges

Die Skrifgedeelte waarop gefokus word: Matteus 25:34-46

1.Wat leer ons van God in hierdie gedeelte? (Hoe openbaar God Homself aan my: Wie Hy is, sy karakter, werke, bevele, beloftes?)

2.Wat leer ons van onsself/ander mense uit hierdie Skrifgedeelte? (Wat verwag God van my volgens hierdie gedeelte – bv. om te vergewe, groei in my verhouding met Hom, gehoorsaam te wees, en in ‘n verhouding met Hom te leef? Wat moet in my lewe verander? Wat is my verantwoordelikhede?)

3.‘n Baie sinvolle vraag om te vra, is: Waarom dink jy is hierdie gedeelte in die Bybel?

Van inligting tot gehoorsaamheid: Omdat dit God is wat hier praat, moet ons reageer. Ons moet oorgaan van inligting na gehoorsaamheid:

1. Hoe kan ek dit wat ek uit hierdie gedeelte ontdek het, integreer in my lewe?

2. Hoe moet ek God gehoorsaam? Wat en waaroor kan ek bid vanuit hierdie Skrifgedeelte?

3. Is daar iets wat in jou lewe moet verander in die lig van hierdie Skrifgedeelte?

4. Wat is daar wat ek in die komende week moet doen na aanleiding van my bestudering van hierdie Skrifgedeelte?

5. Hoe kan ek tot seën wees vir ander mense om my?

6. Met wie kan ek praat oor wat ek in hierdie Skrifgedeeltes geleer het?

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Armes, Behoeftiges en Barmhartigheid

Baie mense wil nie vir armes gee nie omdat hulle dink arm mense is lui, dom en onverantwoordelik. Soms is dit waar, maar in die meerderheid van gevalle is dit geensins waar nie. Baie arm mense is 'n 'n siklus van armoede...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid