Leesplan inligting

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Armes, Behoeftiges en BarmhartigheidVoorbeeld

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Armes, Behoeftiges en Barmhartigheid

DAG 4 VAN 5

Hoe om vir mense te gee en hulle te versorg (Jesus, Jakobus, die broer van Jesus, en die apostel Johannes)

Matteus 6:2-4 — "As jy byvoorbeeld armes help, moet dit nie uitbasuin nie. Dit doen die skynheiliges in die sinagoges en op straat, sodat mense met lof van hulle kan praat. Dit verseker Ek julle: Hulle het hulle beloning klaar weg. Nee, as jy iets vir die armes gee, moet jou linkerhand nie weet wat jou regterhand doen nie, sodat jou goeie daad verborge kan bly. Jou Vader wat sien wat verborge is, sal jou beloon."

Lukas 12:33a — "Verkoop julle besittings en gee bydraes vir die armes."

Lukas 14:12-14 — "Hy het ook vir die gasheer gesê: 'As jy in die middag of in die aand ’n maaltyd gee, moet dan nie jou vriende of broers of familie of ryk bure uitnooi sodat hulle jou waarskynlik ook weer uitnooi en jou op dié manier vergoed nie. Nee, as jy ’n feesmaal gee, nooi dan armes, kreupeles, verlamdes en blindes. Jy kan jou gelukkig ag dat hulle niks het om jou mee te vergoed nie, want God sal jou vergoed by die opstanding van dié wat reg gedoen het'.”

Jakobus 1:27 — "Egte en suiwer godsdiens voor God die Vader is om weeskinders en weduwees in hulle moeilike omstandighede by te staan en om jou skoon te hou van die besmetting van die wêreld."

1 Johannes 3:17-18 — "Wie aardse besittings het en sy broer sien gebrek ly, maar geen gevoel vir hom het nie — hoe kan die liefde van God in hom wees? Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid."

Gehoorsaamheid: Op watter maniere moet jou hart en dade teenoor mense in nood verander? Wys die Heilige Gees spesifieke mense vir jou uit? Wys hy vir jou 'n verkeerde gesindheid?

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus Gesê Het Oor Die Armes, Behoeftiges en Barmhartigheid

Baie mense wil nie vir armes gee nie omdat hulle dink arm mense is lui, dom en onverantwoordelik. Soms is dit waar, maar in die meerderheid van gevalle is dit geensins waar nie. Baie arm mense is 'n 'n siklus van armoede...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid