Volg Die Leier, Word 'n Beter DissipelVoorbeeld

LUISTER
Hoe weet jy of die stem wat jy hoor, die aansporing wat jy voel en/of die gedagtes wat jy dink van God af kom? Wel, op ʼn gegewe oomblik kan dit moeilik wees om te bepaal indien jy nie regtig tyd saam met Jesus deurgebring het voordat jy jouself in hierdie oomblik van besluitneming bevind nie.
Die sleutel tot effektiewe dissipelskap is:
- Om tyd saam met God deur te bring, soos Jesus dit gedoen het
- Bestudeer jou Bybel
- Memoriseer gedeeltes van die Bybel sodat die Heilige Gees jou daaraan kan herinner wanneer jy dit nodig het
- Praat met God deur gebed.
Vergewis jouself van sy stem. Leer sy hart ken. Leer hoe Hy werk. Dan, wanneer die Heilige Gees praat, sal jy dit weet — want wát jy hoor, voel en/of dink, sal ooreenstem met dít wat jy reeds weet waar is, uit wat jy gedurende jou tyd saam met Hom geleer het. Jy hoef nie tyd te mors om te wonder nie, maar sal sonder huiwering kan optree en dit is wanneer die ware avontuur begin!
Diegene wat die Heilige Gees binne-in hulle gehoorsaam en doen wat Jesus sê om te doen, wanneer Hy sê om dit te doen, kry 'n sitplek in die voorste ry vir Goddelike wonderwerke wat ander mense óf nie kan sien nie óf nie herken wanneer hulle dit sien nie.
- Gemeet aan die hoeveelheid tyd en moeite wat jy daaraan bestee, waar val Bybelstudie in jou prioriteitslys?
- Help jy of maak jy jouself seer?
- Help jy of maak jy ander seer?
- Wanneer laas het jy, as gevolg van jou gehoorsaamheid, God iets merkwaardig sien doen? Hoekom is dit so?
Lees Johannes 14:12-14, Jesaja 30:21 en Filippense 2:12-15.
Aangaande hierdie leesplan

Verlossing gaan oor redding. Christenskap gaan oor gehoorsaamheid en die laasgenoemde is 'n bewys van die eersgenoemde (1 Johannes 2:3). Noem jy jouself 'n Christen? Volg dan vir Jesus. Gehoorsaam.
More
Verwante Leesplanne

Die Laaste Pyl

Die Verlosser wat Uitreik na Ons - 'n Studie oor die Nabyheid van God van die Krip tot die Kruis

Wanneer Jy Skaam en Vernederd Voel

Vaste Geloof

Geskenke van God

Gebede uit ’n Vrou se Hart

Leer Ken God op 'n Nuwe Manier

Ek volg Jesus

My Saligmaker Leef
