Hoe om die media se invloed te hanteerVoorbeeld

Handling Media Influences

DAG 2 VAN 21

Hierdie week se kerngedagte is: "Gemors in, gemors uit. Wat my hart van vol is, loop my mond van oor." Hou dit in gedagte terwyl jy hierdie week se bespreking lees, na die video kyk en oor jou interaksies gedurende die week met die media oordink. Bespreek die volgende kernpunte:

• Die media beïnvloed ons HOUDING en DADE. Musiek, boeke, televisieprogramme, aanlyn speletjies, toeps en rolprente vorm alles deel van die media.
• Alles wat ons oë sien en ons ore hoor, beïnvloed ons harte en gedagtes en sal dan in ons houding en dade verskyn.
• Ons liggame absorbeer die media amper soos wat ons kos verteer. Dit kom by ons harte in, by ons oë en ore. Wat ons toelaat om in te kom, beïnvloed ons doen en late. Met ander woorde, dit kom in deur ons oë en ore, beïnvloed ons gedagtes en harte, en kom uit by ons monde en deur ons dade.
• Ons weet dat musiek ons gedrag, gedagtes en harte beïnvloed. Dit is hoekom rolprente klankbane in die agtergrond speel. Die musiek waarna jy luister BEÏNVLOED jou hart en gedagtes.

Aangaande hierdie leesplan

Handling Media Influences

Alles wat ons sien en hoor beïnvloed ons harte en gedagtes en vorm ons gesindhede en optrede. Het die Bybel regtig iets te sê oor sosiale media, wat nie eens in daardie tyd bestaan het nie? Ja! Hierdie leesplan gaan ons uitdaag om tegnologie ten volle te benut terwyl ons onsself beskerm van die potensiële negatiewe gevolge. Dit sluit oordenkings, Bybelverse, vrae om te bespreek en video's vir kinders in.

More

We would like to thank Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.life.church/kids