Almal Wat Uitgeput is: God Is By MyVoorbeeld

All Who Are Weary: God Is With Me

DAG 5 VAN 8

Die HERE is By My Oral Waar Ek Gaan

“Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan” (Josua 1:9).

Die Belofte: Die HERE is by my oral waar ek gaan.

Daar is geen skadu of donker plek waarheen die HERE jou nie sal volg nie. Alle duisternis is soos lig vir Hom, en Hy is die heerser oor enige iets wat probeer om jou ywer te demp. Moenie bang wees nie. Dit maak nie saak wat jy moet trotseer nie, die HERE jou God is by jou. Hy is meer as bekwaam en gewillig om jou in jou frustrasies, vrese en uitputting tegemoet te kom. Hy begeer in der waarheid om jou te ontmoet waar jy ook al is, sodat jy op Hom kan steun.

Aanbiddende Afwagting:

"I Am Not Alone" deur Kari Jobe

Probeer Die Volgende: Ontbyt vir Aandete

Ruil dit om en maak ontbyt vir aandete. Die warm troos van ontbyt aan die einde van 'n dag, kan 'n maag en siel kalmeer. Roer die eiers, braai die spek, en vul die kombuis met watertandlekker geure. Smeer botter op die geroosterde broodjie, skink die lemoensap in 'n mooi glas en gaan sit aan vir 'n heerlike bederf. Proe en smul aan elke porsie van die ete en sê dankie.

Aangaande hierdie leesplan

All Who Are Weary: God Is With Me

Dit is die eerste week van 'n reeks van sewe weke wat jou deur die stryd met angs gaan lei, terwyl jy vashou aan Bybelse waarhede en God se beloftes. Hierdie 8-dag leesplan verskaf bemoediging en praktiese toepassings wat jou hart en denke in ooreenstemming met die liefde van Jesus sal bring, selfs te midde van angs. Hierdie week se belofte: God is by my.

More

Baie dankie aan Sarah Freymuth / Awake Our Hearts wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://sarahfreymuth.com/