Almal Wat Uitgeput is: God Is By MyVoorbeeld

Hy Sal My Versterk en Help
"Moenie bang wees nie, Ek is by jou,
moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God.
Ek versterk jou, Ek help jou,
Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou" (Jesaja 41:10).
Die Belofte: Hy sal my versterk en help.
Dit verg baie om elke oggend wakker te word en die dag in te gaan wanneer jy alreeds uitgeput voel. Maar God gee jou krag. Hy ondersteun jou wanneer jy swak voel, Hy is jou stewige fondament wanneer dit voel asof jou voete gly, en met sy seëvierende regterhand red Hy my. Hy beloof dat Hy aan jou die krag sal gee wat jy vandag nodig het en Hy verseker jou dat Hy werklik jou God is.
Aanbiddende Afwagting:
"Not Even Once" deur Benjamin William Hastings
Probeer Die Volgende: Teetyd
Neem 'n paar oomblikke om 'n heerlike koppie tee te maak. Kies 'n kalmerende tee, soos kruisement, laventel of kamille. Laat die ketel warm word, en giet dan die water stadig oor die teeblare. Kyk hoe die water en teeblare mekaar ontmoet en die teekoppie vul. Kyk hoe die stoom soos sierlike linte krul. Wanneer die tee sterk genoeg is en nie té warm is nie, neem dan 'n slukkie — stadig. Koester die oomblik.
Aangaande hierdie leesplan

Dit is die eerste week van 'n reeks van sewe weke wat jou deur die stryd met angs gaan lei, terwyl jy vashou aan Bybelse waarhede en God se beloftes. Hierdie 8-dag leesplan verskaf bemoediging en praktiese toepassings wat jou hart en denke in ooreenstemming met die liefde van Jesus sal bring, selfs te midde van angs. Hierdie week se belofte: God is by my.
More