Leesplan inligting

Ontbrand: 'N Eenvoudige Gids Vir Vrymoedige GebedVoorbeeld

Ontbrand: 'N Eenvoudige Gids Vir Vrymoedige Gebed

DAG 6 VAN 6

Dit maak vir God saak

Ons kan vir enigiets bid. Soos Christine Caine sê: "As dit vir jou saak maak, maak dit vir God saak." As dit iets is waaroor ons omgee of bekommerd is, is dit iets waaroor ons kan bid.

Paulus bemoedig ons in Filippense 4:6-7: "Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus” (CSB).

Waaroor kan ons bid? Paulus se antwoord is duidelik: alles! Niks is te klein wanneer dit by God kom nie. En terwyl hierdie woorde "Moenie oor enigiets bekommerd wees nie", dalk mag voel asof hulle onsimpatiek teenoor enige probleme is wat ons in die gesig staar, is dit belangrik om daarop te let dat Paulus hierdie woorde geskryf het terwyl hy in die tronk was.

Hy het nie vir ons gesê om "Moenie bekommerd wees nie, wees gelukkig" ons mantra te maak nie. Om die realiteit van ons omstandighede te ignoreer of te minimaliseer, sou onverantwoordelik wees. Maar daar is 'n pad vir ons om God se vrede en krag te ervaar te midde van ons bekommernis en spanning, en daarom moedig Paulus ons aan om "ons versoeke aan God voor te lê". Ja, God is aktief betrokke by die versorging van die hele heelal en belangrike kwessies van die wêreld, maar Ons Hemelse Vader is net so betrokke en besorg oor die besonderhede van sy kinders se lewens: ons werk, verhoudings, gevoelens, vrese en alledaagse aktiwiteite.

God sien jou, God ken jou, en God gee werklik om vir jou.

As iets vir jou saakmaak, maak dit vir God saak. So, bid daaroor!

Gebed

"Vader, dankie dat U omgee om voëls te voed en lelies aan te trek, en dit is net 'n gedeelte van hoeveel U omgee vir die besonderhede van my lewe en die dinge op my hart. Vandag noem ek voor U die dinge wat my aandag trek: wys asseblief U wysheid, teenwoordigheid en krag in hierdie gebiede. En ek vra dat net soos U omgee vir die dinge wat vir my saakmaak, U my aandag en liefde sal vorm teenoor dinge wat vir U saakmaak. Mag u Koninkryk op aarde kom, net soos in die Hemel. Amen.”

Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Ontbrand: 'N Eenvoudige Gids Vir Vrymoedige Gebed

Gebed is 'n geskenk, 'n ongelooflike geleetheid om met ons Hemelse Vader in 'n verhouding te wees. In 6-dag-plan, sal ons ontdek wat Jesus ons geleer het oor gebed en geïnspereer word om konsekwent en met groot vrymoedig...

More

Ons wil graag vir Christine Caine - A21, Propel, CCM bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.propelwomen.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid