Leesplan inligting

Ontbrand: 'N Eenvoudige Gids Vir Vrymoedige GebedVoorbeeld

Ontbrand: 'N Eenvoudige Gids Vir Vrymoedige Gebed

DAG 3 VAN 6

Gebed voed ons geloof

Wanneer ons die groot behoeftes en geleenthede in die wêreld sien, kan dit aanloklik wees om weg te kruip van hulle of dink ons moet haastig wees om hulle op te los. Maar ons wil in gehoorsaamheid en geloof reageer en doen wat Jesus vir ons gesê het om te doen wanneer ons voor die uitdaging van 'n "groot oes met min werkers" te staan kom, en dit is eers om te bid. Ons bid met vrymoedigheid en volharding dat die Here van die Oes sal doen wat Hy belowe het om te doen: Om werkers uit te stuur. Om ons aan te dryf.

Gebed stel Sy krag, teenwoordigheid en voorsiening in ons lewens vry.

Dit is verstommend dat ons selfs die woorde "Onse Vader" kan sê, soos ons in Matteus 6:9 sien. God is in alle opsigte heilig en ontsagwekkend, en tog is Hy ook ons Vader, wat ons nie net uitnooi om met Hom te praat nie, maar ook om tot sy troon van genade te nader (Heb. 4:16). God het ons lief met 'n ewige liefde – soveel so dat Hy sy Seun vir ons gegee het (Johannes 3:16).

Wanneer ons in die naam van Jesus tot God bid, bid ons nie tot een of ander onpersoonlike of ongeïnteresseerde kosmiese krag nie. Hy ken die aantal hare op jou kop. Hy het jou lot geken voor jy jou eerste asem uitgeblaas het. Hy het jou gekies en jou goedgekeur. Dit is hoe lief hy jou het, en daarom luister Hy ernstig wanneer jy bid!

Soos ons ons daartoe verbind om te bid vir'n groot Koninkrykoes, om die behoeftes van die wêreld sowel as ons eie te noem, voed God ons eie geloof. Sy Gees werk in ons, deur ons en teenoor ons terwyl ons bid en herinner ons daaraan dat ons meer as gehoorsame versoekers voor Hom is, ons geliefde vennote met Hom.

Gebed

“Vader, dankie dat U my liefhet en luister wanneer ek bid.Dankie dat u met perfekte krag, tydsberekening en goedheid Antwoord. Ek noem voor U diegene in my familie en gemeenskap wat U nie ken nie en vra dat U mense in hulle lewens sal stuur om Jesus aan hulle te verkondig. En ek bid dat U my met wysheid en vrymoedigheid sal stuur waar U my ook al roep om te bid of te praat oor wat U gedoen het. Amen.”

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Ontbrand: 'N Eenvoudige Gids Vir Vrymoedige Gebed

Gebed is 'n geskenk, 'n ongelooflike geleetheid om met ons Hemelse Vader in 'n verhouding te wees. In 6-dag-plan, sal ons ontdek wat Jesus ons geleer het oor gebed en geïnspereer word om konsekwent en met groot vrymoedig...

More

Ons wil graag vir Christine Caine - A21, Propel, CCM bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.propelwomen.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid