Leesplan inligting

Ontbrand: 'N Eenvoudige Gids Vir Vrymoedige GebedVoorbeeld

Ontbrand: 'N Eenvoudige Gids Vir Vrymoedige Gebed

DAG 1 VAN 6

Gebed is die Prioriteit

In Matteus 9:37-38 het Jesus gesê: "die oes is groot, maar die arebeiders is min". Bid dan tot die Here van die oes, dat Hy arbeiders is sy oes sal uitstuur (CSB, klem bygevoeg).”

Die word vir "uitstuur" in Grieks beteken om "uit te gaan". Propel Women was op hierdie vers gebaseer. Terwyl ons dus probeer om ons gebede aan te wakker, gaan ons presies doen wat Jesus beveel het: ons gaan tot die Here van die oes bid om werkers – om ons te dryf – in sy oes uit te stuur. Die oes is volop. Die geleentheid vir God se Koninkryk om vooruit te gaan, is hier en nou. Wat is die sleutel om dit te sien gebeur? Gebed!

Gebed beteken eenvoudig om met God praat. Dit kan gesprek wees wat in jou hart of hardop gebeur. Dit kan alleen of in 'n groep gebeur. Dit kan gebeur met ons voete stewig op die grond geplant, of duisende voete in die lug. Maar hier is die wonderlike ding: Terwyl ons bid, luister, praat en reageer God.

Die God van die Heelal wil van jou hoor. God het nie net 'n gesprek begin en ons genooi om met Hom in gebed te praat nie, maar Hy integreer ook ons gebede in die werke wat Hy in die wêreld doen!

Waar jy ook al is, ongeag jou agtergrond, ongeag jou invloedsfeer – op die markplein, as tuisblyma, 'n uitvoerende hoof, 'n dokter, 'n onderwyser, 'n student, 'n prokureur of kunstenaar – is gebed die primêre plek waar God se werk en jou werk in hierdie wêreld bymekaar kom. Terwyl ons bid, het God belowe om berge te versit, fondamente te skud en die groot oes te bereik van mense wat Hom nog nie leer ken het nie. God het dit so gemaak dat ons klein gebede 'n ewige, Koninkryksgrootte verskil maak! God verander die wêreld deur Sy mag en deur ons gebede!

Gebed

"Here, ek bid dat dit 'n jaar is waarin ek U in krag sien beweeg om mense na U toe te bring. Volgens U Woord in Mattheus 9:37-38, mag daar meer arbeiders in die oes gedryf word as ooit tevore. Laat die dae wat voorlê, gekenmerk word deur'n groot oes alles vir U heerlikheid en die vooruitgang van U Koninkryk hier op aarde. En ek verbind my aan U noudat ek deel daarvan sal wees. Amen.”

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Ontbrand: 'N Eenvoudige Gids Vir Vrymoedige Gebed

Gebed is 'n geskenk, 'n ongelooflike geleetheid om met ons Hemelse Vader in 'n verhouding te wees. In 6-dag-plan, sal ons ontdek wat Jesus ons geleer het oor gebed en geïnspereer word om konsekwent en met groot vrymoedig...

More

Ons wil graag vir Christine Caine - A21, Propel, CCM bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.propelwomen.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid