Leesplan inligting

Die Beloofde MessiasVoorbeeld

Die Beloofde Messias

DAG 5 VAN 29




Die Seun van Dawid

Lees: 2 Samuel 7:8–13; Psalm 110:1; Matteus 1:1–17; 22:41–45

SOAP: Matteus 22:42

“Wat dink julle van die Christus? Wie se seun is Hy?” “Dawid s'n,” antwoord hulle Hom.

Oordenking

Dawid word gereken as Israel se grootste koning. Hy word 'n man na God se hart genoem. Dit is duidelik dat God vir Dawid lief was, selfs al het Dawid dikwels in sy lewe in sondige patrone verval. Dawid se hart was ten volle aan God toegewy en hy het God gevolg en aanbid en wanneer hy foute gemaak het, van sy sonde bekeer.

God het Dawid beloof dat daar altyd een van sy nageslag op die troon in Israel sou sit. Hierdie belofte het niks te doen gehad met Dawid of iets wat hy gedoen het nie; dit was alles as gevolg van God se getrouheid en goedgunstigheid aan hom. Selfs al het Dawid se nageslag baie foute gemaak en van God af weggedraai, het God sy belofte aan Dawid gehou en sy bloedlyn bewaar. Teen die tyd wat Jesus gebore is, was daar geen nasaat van Dawid wat oor Israel geheers het nie, maar God se plan was om 'n nuwe koninkryk deur Jesus te vestig.

Die Jode het noukeurige geslagsregisters gehou en hierdie geslagsregisters het gewys dat Jesus 'n direkte afstammeling van koning Dawid was. Jesus het nie gekom om dieselfde soort koninkryk te vestig as waaroor Dawid geheers het nie, maar een wat ewig sou wees. Hierdie hemelse koninkryk lyk anders omdat die Koning van hierdie koninkryk nie op 'n aardse troon sit nie.

Dawid het God se belofte om 'n Messias te stuur, geglo. Of hy verstaan het dat die Messias een van sy direkte nasate sou wees is nie duidelik nie. Wat Dawid egter geglo het was dat hierdie Messias Here sou wees en dat hy eendag sou neerbuig en Hom dien.

God het ongelooflike beloftes gemaak oor die Messias. God het hierdie beloftes gehou, selfs beloftes wat afhanklik was van die keuses van gewone mense. God het Dawid se familielyn beskerm en bewaar sodat die Messias uit 'n koninklike bloedlyn sou kom. Selfs al was baie mense betrokke in die vervulling van die belofte, kon niks God se plan op 'n dwaalspoor bring nie. Hy is getrou, ongeag van hoe lank dit neem. Hy het sy belofte aan Dawid gehou dat een van sy nasate vir ewig op die troon sal sit en Hy het sy belofte aan al sy mense gehou om 'n Messias te stuur wat ons van ons sonde sou red.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Die Beloofde Messias

Wanneer God ‘n belofte maak, het Hy reeds ‘n plan om dit gestand te doen. Sy grootste belofte, om vir ons ‘n Verlosser te stuur om ons van sonde te red, word bewys deur die lewe, dood en opstanding van Jesus. In hierdie ...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.loveGodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid