Leesplan inligting

Elke dag ’n feesdag!Voorbeeld

Elke dag ’n feesdag!

DAG 4 VAN 5

As Kersfees verby is

’n Mens sien so uit na Kersfees. Selfs ons grootmense het iewers in ons nog daardie stukkie kinderlike opgewondenheid oor die dag ... al is daar nie meer ’n Kersvader en ’n verrassing in ons Kerskous nie.

Voor ons ons oë kan uitvee, is dit 26 Desember. Die opgewondenheid is weg. Die werklikheid tref ons: Ons het gister te veel geëet. Ons beleef steeds spanning in sommige verhoudings. Ons moet binnekort weer die nuwe jaar aanpak. Kortom: Die “fees” in feestyd het verdwyn. Of het dit juis nié?

Dalk hang dit daarvan af hoe ons daarna kyk. Sien ons vandag maar net as nog ’n voortsetting van ons lewens en al die uitdagings wat ons maar “weer” moet hanteer of kyk ons na vandag as die eerste dag van die res van ons lewe? Sien ons dit as 'n nuwe dag waarop ons Vader weer splinternuwe genade aan ons gee? Besef ons dat Hy vir ons wil sê dat ons — ongeag ons gisters — vandag die geleentheid het om die liefde van die Kripkind saam met ons te neem, te geniet en dit uit te deel?

God wil hê dat ons elke dag in die oorvloed van sy soort fees deel en besef dat Hy elke nuwe môre ’n nuwe begin met ons wil maak. Gaan leef vandag voluit en wees opgewonde oor die eerste dag van jou nuwe genadelewe!

Heiland, ek kan en wil nie vandag of môre sonder U leef nie. Wees vir altyd my feesmaat, asseblief. Amen.
Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Elke dag ’n feesdag!

Voel dit soms asof hoop voor Kersfees opbou en dan skielik plek maak vir ’n gevoel van leegheid en verlatenheid? God wil hê dat ons elke dag in die oorvloed van sy soort fees deel en besef dat Hy elke nuwe môre ’n nuwe b...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid