Leesplan inligting

Elke dag ’n feesdag!Voorbeeld

Elke dag ’n feesdag!

DAG 1 VAN 5

Wag in dié tyd op Hom

Dietrich Bonhoeffer sê in die vorige eeu: "Adventtyd is wagtyd". Maar, skryf hy, om te wag is ’n kuns wat ons ongeduldige samelewing vergeet het. Ons moet wag vir die grootste, merkwaardigste, broosste en sagste dinge in die lewe: niks gebeur haastig nie, maar alleenlik volgens die natuur se wette van ontkieming en groei.

’n Mens kan bykans nie glo dat hierdie woorde in die vorige eeu geskryf is nie. Was mense toe al ongeduldig? Was “om te wag” in daardie heelwat stadiger tydvak ook so moeilik? Klaarblyklik is die kuns om rustig op die werklik belangrike dinge te wag iets wat mense maar sukkel om aan te leer. Die natuur behou egter na al die eeue steeds onverpoos sy eie magiese ritme en bring steeds die mooiste skoonheid te voorskyn.

Kom ons vra die Gees om ons te leer om rustig te wag dat Hy ons aanraak en om lank genoeg stil te word sodat die ware wonder van Kersfees werklik in ons harte kan tuiskom.

Mag jy gedurende hierdie dae die genade ontvang om te wag en dan ervaar hoe die Christuskind jou seën en sy vrede oor jou uitstort.

Plant in my die geduld om op u sagte aanraking te wag, Heiland. Amen.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Elke dag ’n feesdag!

Voel dit soms asof hoop voor Kersfees opbou en dan skielik plek maak vir ’n gevoel van leegheid en verlatenheid? God wil hê dat ons elke dag in die oorvloed van sy soort fees deel en besef dat Hy elke nuwe môre ’n nuwe b...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid