Leesplan inligting

Elke dag ’n feesdag!Voorbeeld

Elke dag ’n feesdag!

DAG 2 VAN 5

Adventtyd is Geetyd

Dis Adventtyd! Binnekort vier ons weer die Kripkind — ons Verlosser — se koms na die wêreld. Vir elkeen van ons beteken Kersfees iets anders. Vir baie van ons is dit die saamwees met familie of dalk ’n rustige tydjie by die see. Vir kinders is dit natuurlik, naas hul verjaarsdae, die opwindendste tyd van die jaar. Vir sommige is dit ongelukkig 'n seer en eensame verlangtyd.

Vir ons wat so gelukkig is om in vrede en liefde ons tyd saam met geliefdes deur te bring, is dit genadetyd en 'n tyd om te deel. Dis sommer net weer ménswordtyd. Maar dis vir ons wat so begenadig is ook verskilmaaktyd: ’n tyd wanneer ons iets van onsself aan hulle wat min het, kan géé.

Vir wie dink jy kan jy in hierdie tyd iets van jouself gee? In wie se lewe kan jy dalk net een liggie aansteek, een drukkie-van-liefde gee, een brood vir een dag gee … net een dag liefde bring? Vra die Gees om jou in dié tyd sensitief te maak vir sy roepstem. Bid dat jy gehoorsaam sal wees en dan iets van die groot vreugde van Kerstyd aan iemand anders sal uitdeel.

Wees jy vanjaar die lig waarna iemand anders so smag — die lig van liefde.

Dierbare Christuskind, help my om vanjaar werklik iets van u liefde aan ander te gee. Amen.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Elke dag ’n feesdag!

Voel dit soms asof hoop voor Kersfees opbou en dan skielik plek maak vir ’n gevoel van leegheid en verlatenheid? God wil hê dat ons elke dag in die oorvloed van sy soort fees deel en besef dat Hy elke nuwe môre ’n nuwe b...

More

Ons wil graag Christian Art Publishers bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://cumbooks.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid