Leesplan inligting

HY SORGVoorbeeld

HY SORG

DAG 3 VAN 5

Hy genees

In ons lewens kom daar tye van pyn, hartseer en gebrokenheid. Dit kan voel asof ons wêreld uitmekaarval en dat daar geen hoop op herstel is nie. Dit is hier waar Psalm 147:3 'n besondere boodskap van troos bring. Hierdie vers vertel ons dat God die genesing bring vir die gebrokenes van hart en dat Hy ons wonde verbind.

Ons hemelse Vader is 'n liefdevolle en genadige God wat omgee vir ons emosionele, geestelike en fisieke welstand. Hy is die groot Geneser wat die vermoë het om ons innerlike wonde te genees, ons pyn te verlig en ons gebroke harte te herstel. Hy doen dit met 'n liefde en sorg wat onvergelykbaar is.

Laat hierdie vers jou vandag bemoedig en jou herinner dat daar genesing is vir jou gebroke hart en dat daar hoop vir jou toekoms is.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

HY SORG

Het jy God se voorsiening in jou finansies, jou huwelik, met jou kinders of selfs met jou toekoms nodig? Hy is onveranderlik en sy voorsiening ook. In hierdie reeks word ons opnuut herinner dat Hy voorsien, genees, bewaa...

More

Ons wil graag Radio Tygerberg bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.104fm.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid