Leesplan inligting

Vyf Gebede van NederigheidVoorbeeld

5 Prayers of Humility

DAG 4 VAN 5

Gebed 4: “Here, Help My Om U Woord Te Glo.”

Die Bybel is God se onbedrieglike, onfeilbare Woord aan die mensdom. Johannes 1 vertel ons dat die Bybel op een of ander manier eintlik Jesus in geskrewe vorm is!


Dit is waar: Jesus is die Woord, en die Woord is Jesus.

Dink 'n wyle daaroor. Hierdie ontsagwekkende waarheid sal jou met ontsag vervul en jou aan die voete van Christus bring om te aanbid.


Maar wat het “die Woord het vlees geword” met nederigheid te doen?

Die Bybel is onbedrieglik en onfeilbaar. Dit is heeltemal, 100% waar. Tog sê dit baie dinge waarvan ons vleeslike logika dalk nie sal hou nie:


  • Dit sê dinge wat ons skuldig bevind; dinge waardeur God probeer om ons harte te verander.
  • Dit sê baie dinge wat die sondige kultuur haat.
  • Vreemdste van alles, sê dit ook baie goeie dinge wat ons trotse harte soms net nie wil aanvaar nie.

Hier is die sleutel:


Dit verg nederigheid om die goeie dinge wat God sê, te glo.

Ek kan nie vir jou sê hoeveel keer iemand vir my gesê het hulle is bereid om te luister na al die regstellings wat God vir hulle wil stuur nie — daardie woorde wat vir ons sê wanneer ons verkeerd doen. Maar daardie mense het reg voor my gesit en vir my basies in dieselfde asem gesê dat hulle nie bereid is om enige van die goeie dinge wat die Here van hulle sê, te glo nie.


Vriend, as ons nie alles wat die Woord van God oor onsself sê, glo nie — of daardie Woord bemoedigend of veroordelend is — dan het ons 'n probleem met trots.


As jy nie ál die dinge wat God sê, aanvaar nie — selfs die dinge wat jou kind-wees in Hom bevestig; dinge wat jou slegte selfbeeld teëwerk — dan is jy trots.En as jy trots in jou hart het, is daardie trots afstootlik vir God. Dit veroorsaak dat Hy "weerstand" in jou lewe plaas. En ja, Hy sal jou dissiplineer om jou te help om nederig te word ...


... sou dit nie soveel makliker wees om eenvoudig te besluit om Hom te glo, maak nie saak wát Hy sê nie?


Dit is hoekom ons bid: "Here, help my om u Woord te glo."

Om in die Woord van God te glo, is 'n teken van nederigheid. En as ons God se Woord gaan glo, moet ons alles glo wat dit sê — selfs wanneer sy Woord ons sondige gewoontes, bose denkpatrone OF ons swak selfbeeld afbreek.


Vriend, as jy nederig wil wees, besluit om alles te glo wat God sê:


  • Glo sy Woord wanneer Hy jou skuldig vind, en glo dit net so baie wanneer Hy jou bekragtig.
  • Glo Hom wanneer Hy jou dissiplineer, en glo Hom net soveel wanneer Hy jou seën.

Sy Woord is waar, maar jy moet luister met die hulp van sy Gees — jouself verneder onder sy magtige hand — om die volle voordeel daarvan te ervaar.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

5 Prayers of Humility

Het jy meer van God se genade, guns en seën nodig? Bid dan hierdie vyf eenvoudige gebede van nederigheid, en vra die Here om aan jou guns te bewys en jou te help. Hy sal jou gebed verhoor; Hy gee genade aan die nederiges...

More

Ons wil graag vir From His Presence Inc. bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.fromhispresence.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid